R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Martin Lourens van Du Toitstraat 36, Franskraal het ‘n besonderse versameling van 400 Ferrari-modelle.
Die Ferrari’s is in jaartalle in drie vertoonkaste uitgestal en strek vanaf 1947 toe die eerste voertuie uit die fabriek bekendgestel en geproduseer is. Lourens wat al die afgelope 20 jaar sy huis in Franskraal besit woon die afgelope 2 jaar voltyds daar. Die versamel-gogga het hom 27 jaar gelede gebyt en hy het ‘n goeie vriend, Charl Saayman in Riebeeck Kasteel, wat self ook 300 van die modelkarretjies het. “Ons kinders stel nie in ons versamelings belang nie en ons het ooreengekom dat die langslewende van ons die ander een se versameling sal erf,” vertel Lourens.
Hulle was in September saam na die Ferrari-fabriek by Maranello in Italië waar hul albei die geleentheid gekry het om self een te bestuur. Lourens was een maal tevore ook daar toe hy in 1996 die San Merino Grand Prix by Imola bygewoon het. Die versamelaarskaal is 1:43 en hy spog met alle Formule 1 renmotors wat tot dusver gebou is.
“Ek sal graag nog versamelaars wil ontmoet en almal is welkom om na my Ferrari-versameling en –biblioteek te kom kyk.” Lourens kan by 028 388 0851 of 084 047 4327 geskakel word.
Francois de Jongh
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.