R100 per afvalblikkie

R100 per afvalblikkie

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Collect-a-Can se inligtingsessie is deur Gansbaai Marine gereël, met voor vlnr Cecilia Laker-Louw, Andrè de Jager en Michael Baretta (stapper). Agter vlnr is Andrè Coetzee, Eben van der Merwe, Tommy Wilson, Mirriam Cekiso, Camilla Ho-ward (stapper) en Tommy Volkwyn.  (Foto: Heath Copland) 

Die omgewing se skole is vanjaar met "die blik op die skoot" gevang. Gansbaai Marine het weer hul jaarlikse donasies oorhandig. Silwerjare Dienssentrum, Gansbaai Nasorg-sentrum, De Kleine Gansies Kleuterskool en Laerskool De Bron het onlangs gesamentlik R23,000 ontvang.

"Gansbaai se skole, wat gewoonlik hierby ingesluit is, is vanjaar ietwat anders hanteer," vertel Andrè Coetzee, Besturende Direkteur: Gansbaai Marine. "Twee stappers is besig met 'n bewus-makingsprojek en stap vanaf Alexanderbaai tot by Kosibaai in KwaZulu-Natal. Soos die twee stappers, Michael Baretta en Camilla Howard, vorder, doen hulle by dorpe langs die kuslyn aan en spreek mense en kinders toe om hulle van die gevolge van rommelstrooi bewus te maak." Divfood is 'n deel van die Nampak Groep wat ook 'n verskaffer van blikke aan Gansbaai Marine is, asook een van die grootste borge van die bewusmakingsveltog.

"Ons is versoek om 'n toeligtingsgeleentheid vir hulle te reël en het besluit om die vier skole daarby te betrek," vertel Andrè. Die skoolhoofde is versoek om te reël dat elke skool 'n minimum van 150 blikke sal saambring. "Ons het onderneem om die skole R100 per blik te betaal, in ruil vir ons jaarlikse donasies aan hulle," sê Andrè. Goeie samewerking is ontvang en meer as genoeg blikke is bymekaargemaak. Die onderskeie skoolhoofde Tommy Wilson van Gansbaai Academia, Tommy Volkwyn van Gansbaai Primêr, Eben van der Merwe van Laerskool Gansbaai en Mirriam Cekiso van Masakhane Primêr. Die totale "donasie" per skool beloop dus weer R15,000, maar vanjaar moes die leerders daarvoor "werk", wat natuurlik bewusmaking om nie te mors nie, gefokus was.

Die onderskeie hoofseuns en hoofdogters het die tjeks in ontvangs geneem. Die twee stappers en Andrè is by Laerskool Gansbaai deur Cecilia Laker-Louw en Andrè de Jager van Nampak Divfood bygestaan. Intussen het die twee stappers al sowat 1,400km afgelê, met meer as 2 ton herwinbare afvalmateriaal wat vergader is.   
                      
Hardus Botha

R100 per afvalblikkie

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.