2013 The Year of the Switch

 2013 The Year of the Switch

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Nee, dit is nie ‘n Verenigde Nasies Internasionaal-verklaarde dag nie. Dis ‘n idee wat ek hoop inslag sal vind by die mensdom in geheel. Ons almal het ‘n omskakeling van een of ander aard nodig. Niemand is perfek nie, maar ons kan almal na perfeksie streef.

Vir baie  -  en ek is bly vir elkeen van julle - was 2012 ‘n uitsonderlike voorspoedige jaar (Kry mens regtig nog mense wat net  voorspoed beleef?). Ander sal die jaar onthou as ‘n annus horribilis, ‘n horribale jaar van teenspoed en hartseer. En dan is daar die gedeelte van die samelewing wat nie eens die verskil ken nie en sommer net saamsleep in ‘n mistroostige vaal newel: die mistigeweer-mense.

Al reken jy dat jy in die Voorspoed-kategorie val en jy is eerlik met jouself, weet jy miskien dat jy in die verkryging van jou voorspoed iemand te na gekom het of net so ‘n bietjie oneerlik was onder die dekmantel van goeie besigheidsin of die nastreef van jou eie ideale? Die lewe het ‘n manier om terug te eis wanneer jy dit die minste verwag. Gee terug dit wat jy onregmatig verkry het. Deel jou geluk met die armes. Gee met ‘n glimlag, maar nie uit meerderwaardigheid nie; uit dankbaarheid en barmhartigheid. So kan jy uitsien na nog ‘n voorspoedige jaar in 2013.

Indien 2012 jou afgebreek het tot ‘n stoppelland en jy kraakdroog-naak in die felheid van die somerson probeer gryp na ‘n druppeltjie dou, is daar net een oplossing: steek daardie stoppelland aan die brand.  Brand hom kaal af sodat die dou die grond bereik en die saadjies daaronder laat ontkiem. Daarin lê ‘n nuwe lewe vir jou voor. Maak klaar met die stoppels wat jou lewenswater opslurp en tog nooit weer groen sal word nie. Huil klaar in 2012, want 2013 gaan jou jaar wees vir nuwe groei.

As jy nog steeds in die grou newel aanploeter, het jy twee opsies: trek al jou bo-klere uit todat die mistigheid jou deurweek en jy tot realiteit geskok word, of soek ‘n paar droë takkies en maak ‘n vuur sodat jy kan warm word. Neem standpunt in. Jy kan vir iets wees of jy kan teen dit wees.  Maak net ‘n keuse, son of reën, warm of koud. Jy is in beheer van jou eie gedagtes, niemand anders nie. En dit waaraan jy dink, is dit wat jy gaan leef. Gaan haal vir jou die son bokant die miswolke sodat jy 2013 kan ingaan met die streling van sy strale op jou vel en in jou gemoed.

Wat ons in 2013 die nodigste gaan hê is Geloof, Hoop en Ambisie. Liefde sal vanself kom wanneer elkeen van ons die switch gemaak het. Alleenlik wanneer mens jou innerlike self vir jouself oopmaak, jouself dissekteer en die vrot kolle uitsny, dit waarvan net jy weet, kan jy vrede maak en jouself liefhê. Eers daarná is jy in staat om liefde te kan gee en ontvang. ‘n Halwe mens is net geregtig op die helfte van die lewe; die ander helfte sal onbevredig, soekend bly.

Dit verg ambisie, volgens die verklarende woordeboek daardie dringende begeerte of behoefte om iets te bereik. Volgens my: die begeerte om jou eie energie, talente en vermoëns konstruktief te gebruik tot voordeel van jouself. Gebruik dan ook jou eie energie in stede daarvan om ander s’n te tap omdat jy reken hulle moet by jou inpas en aanpas. Maak ‘n verandering, doen ‘n omskakeling deur by jouself te begin. Net jy kan jouself verander, dit sit in geen ander se broek nie.

Die belangrikste omskakeling wat ek vir alle mense toewens in 2013 is die switch na Jesus. Neem Hom aan as jou eie persoonlike verlosser van die angs, onsekerheid en druk van die wêreld. Vind in Hom jou saligmaker en gelukbringer sodat jy ware vrede kan ervaar in hierdie tyd wat gekenmerk word deur oorloë en eerste graad misdaad. Wees ambisieus en laat jou doop as teken dat jy opreg is in jou besluit om Hom te volg.  Doen dit vir jou, want 2013 is Jou Jaar.  

Carien Badenhorst

 2013 The Year of the Switch

Carien Badenhorst

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.