2012 Walvis Classic

2012 Walvis Classic

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Vlnr: Gideon Pienaar, Fan Fouché, Sonja Chambers, Archie Chambers en Jasper Muller (van die borg Gansbaai Superspar).

Dit is Desember 2012 en Franskraal Rolbalklub het vir die 12de keer sy grootste jaarlikse toernooi aangebied – DIE WALVIS CLASSIC. Spanne van reg oor die Boland en WP insluitende ‘n span van Robertson, Swellendam, L’Agulhas, Bredasdorp, Wellington, Worcester, Paarl, Oakdale en Kleinmond, asook twee spanne elk van Kirkwood, Pinelands en Hermanus, vier spanne van Old Oak het deelgeneem. Franskraal is verteenwoordig deur ses spanne en een span bestaande uit twee spelers van Franskraal en twee spelers, Alan en Val van Engeland wat hier besoek afgelê het. Beide perke was vanaf 16:00 op Donderdag, die dag voor die toernooi, oopgestel sodat besoekers kon oefen en gewoond raak aan plaaslike omstandighede.

Die tweedaagse toernooi was op 7 en 8 Desember 2012 aangebied. Registrasie het om 07:30 op Vrydag begin en elke skipper het n program en die toernooireëls ontvang.

Na goeie ontbyt het die President, Pieter Conradie almal welkom geheet en Ds. Liezel Joubert aan die woord gestel om die verrigtinge te open. Sy het uit Johannes 2 voorgelees en die seën op die verrigtinge gevra. Daarna is paar oomblikke van stilte gehandhaaf ter gedagtenis van Flip van Niekerk wat heengegaan het en ang verbintenis met die klub gehad het.

Na die eerste wedstryd is verversings bedien terwyl bepaal is wie in die volgende rondte teen mekaar moes speel. Tydens die tweede rondte wedstryde het Mel Knox en sy span van Franskraal die skaars prestasie behaal om perfekte voltal (8 punte in een skof) aan te teken.

Na die derde wedstryd van die dag het almal aangesit om baie lekker aandete te geniet en die dag se ervaringe met mekaar oor drankie te deel.
Saterdagoggend het halfuur vroeër begin terwyl goeie ontbyt weer voorgesit is. Die spanne is nou in twee groepe bestaande uit die boonste 14 spanne en die volgende 12 spanne verdeel en hulle het in hierdie groepe teen mekaar meegeding tydens die volgende drie wedstryde. Die wedywering het nou strawwer geraak en elke punt gewen of verloor kon span se posisie verander.

Na middagete het al die spelers rondom A-perk gaan stelling inneem om te probeer om bal die naaste aan nagemaakte spinnekop te plaas wanneer teken gegee word om te rol. Horde balle het op die arme spinnekop toegesak met Chris Malec wat vir die soveelste keer met die louere weggestap het. Die opbrengs van ollekte wat vooraf opgeneem is om te kan deelneem word aan die Silwerjare Aftreeoord geskenk.

Voordat die prysuitdeling na afloop van die laaste wedstryd plaasgevind het, het die President almal bedank wat bygedra het om die dag suksesvol aan te bied. Hy het veral vir Marie en Gert Pretrorius en hulle helpers wat vir die etes en verversings gesorg het, lof toegeswaai. Hy het ook die kroegpersoneel onder leiding van Piet Wessels hartlik bedank.

Die dag sou nie moontlik gewees het sonder aansienlike borgskap van GANSBAAI SUPERSPAR nie. Franskraal Rolbalklub en al die spelers wat gereeld aan die toernooi kom deelneem waardeer Superspar se bydrae oor etlike jare om hierdie toernooi suksesvol te kan aanbied.
Die uitslae is soos volg:

Groep 2: Wenners: Piet Giliomee en sy span van Wellington met 38+32 punte. Die naaswenners was Jan le Roux en sy span van Old Oak, Bellville met 38+20 punte en in die derde plek was Toekie Muller en sy span van Worcester met 30+6.
Groep 1: Wenners: Archie Chambers, Bryan Chambers (Vrydag), Gideon Pienaar (Saterdag), Jan Fouché en Sonia Chambers van Franskraal met 46+42 punte.  Hulle was ook die algehele wenners van die toernooi. Die naaswenners was nog span van Franskraal naamlik Mattie Neethling, Pieter Beukes, Annemarie Botha en Chris Malec met 44+35.  In die derde plek was Sandra Wilsenach en haar span (wat ook oud-Franskraler, Boetie Louw ingesluit het) van Oakdale in Bellville met 40+12.
Hartlik geluk aan al die wenners en dankie aan almal wat kom deelneem het.  Ons hoop ons sien julle weer by die volgende Walvis Classic.                              

Pieter Conradie, President

2012 Walvis Classic

Pieter Conradie, President

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.