R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Gansbaai Marine se werknemers met 25 diensjare agter die rug, met vlnr Witness Xovula, Sarel Valentine, Kimish Tyindyi saam met Philip Fourie. Jeany Salies was afwesig tydens die fotosessie.
Gansbaai Marine geniet jaarliks die voorreg om met vele langdienswerknemers te kan spog. Om jaarliks soveel sertifikate vir langdiens te kan uitreik, moet werkernemers eenvoudig gelukkig in hul werksomstandighede wees, dit kan nie anders nie.

Die 27 Gansbaai Marine werknemers met 10 diensjare agter die rug nadat hulle hul Langdienssertifikate ontvang het
Vanjaar is daar weer nie minder nie as 27 sertifikate vir 10 diensjare uitgereik, asook 4 sertifikate vir 25 diensjare. Die 25-jariges is Sarel Valentine, Witness Xovula, Kimish Tyindyi en Jeany Salies. Die 10-jariges is Jeremiah Xovula, Lionel Jantjies, Mzwandile Mredlana, Richard Dunston, Bulelani Titana, Zanetemba Jako, Salmon Appel, Mapho Hlaziya, Ntsinpiso Simohlela, Margret Dreyer, Zandile Xhinti, Zonwabisile Kotsana, Bonginkosi Qaco, Lilian Valentine, Anzio Wyngaard, Nothemba Rozani, Vuyisile Mtshofu, Nceba Sokupha, Jongile Jujuju, Makhaya Qongqo, Jo-Anne Tobias, Nkosinathi Nondzaba, Oshebile Gaegake, Gcinikhaya Matiwane, Micheal Mgudlwa, Misumzi Mlondleni en Samson Senenza. Die sertifikate is deur Philip Fourie aan die werknemers oorhandig en hy is deur die veteraan, Micheal Lolwana bygestaan. Ná die oorhandiging het die groep getroue werknemers verversings geniet en daarna met hul daaglikse werk vir nog 'n jaar voortgegaan.
Hardus Botha
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.