R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Hierdie tyd van die jaar speel 'n bedrywige toneel hom voor Gansbaai Pep Stores af. Sowat 95+ Gr1-leerders is vanjaar elk met 'n volledige skooluniformstel, wat aan die basiese behoeftes voldoen, toegerus.

Donateurs van skoolklere saam met 'n deel van die groot hoe-veelheid Gr 1-leerders, met agter vlnr Flip Fourie, Rouxlè Coetzer (Pep Stores), past Frikkie Zeelie, Eben Visser, Magda Goedde en JP Coetzer.
So 'n pakkie bevat 'n broek/romp, hemp/bloes, sokkies, skoene en 'n rugsak, met 'n totale waarde van sowat R300+. Die groothartige Gansbaai Christian Academy (GCA) het 5 jaar gelede al met hierdie pragtige inisiatief vorendag gekom.
"Vanjaar is dit ons vyfde jaar en ons hou maar aan met uitdeel totdat die tou hierbuite ophou," het past Frikkie Zeelie met 'n glimlag gesê. Past Zeelie is deur Flip Fourie en Rob Koppel vergesel en die GCA het sowat 50+ van die pakkies aan Gr 1-leerders uitgedeel.
Verlede jaar het die ewe ruimhartige Gansbaai Melodrama Kindertrust hulle by hierdie liefdadigheidsprojek geskaar. Met hulle tweede deelname vanjaar het hulle 35 Gr 1-leerders van skooluniforms voorsien. JP Coetzer van Gansbaai Melodrama is deur Magda Goedde vergesel.
Die GCA se saadjie wat hulle 5 jaar gelede geplant het, het vanjaar nog verder gegroei met Secma International Security in Gansbaai se toetrede tot die projek.
Eben Visser homself was daar om toe te sien dat Secma op hul beurt vir pakkies aan 10 Gr 1-leerders gesorg het.
"Hierdie is drie van die uitsonderings, maar daar is etlike individue wat ook 1 of meer Gr 1-leerders met so 'n pakkie toerus," vertel Rouxlè Coetzer van Pep Stores. Gansbaaiers met die ruim harte, só is al vele male berig.
Hardus Botha
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.