R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vlnr is Oliver Jewell, Alison Towner, Richard Kohler (roeier). Michelle Wcisel, Christina Rutzen en Warren Dykes (Richard se begeleier) by die "surf-ski" roeiboot waarmee Richard die lang tog aangepak het
Vanaf Namibië na Mosambiek klink heel maklik, veral met 'n moderne 4x4 voertuig. Om dit egter op 'n smal 6½ meter "surf-ski" roeibooitjie te doen, nogal om Kaappunt, is 'n haai (perd) van 'n ander kleur. Dit is presies wat Richard Kohler (42) besig is om te doen. Richard roei hierdie afstand teen 'n pas van ±45 kilometer per dag vir Paddling for Smiles Initiative.
"For children born with a cleft lip or palate, a smile is life changing. Paddling for Smiles forms part of the Cipla Miles for Smiles Challenge," het Richard gesê. Hy het gedurende Desember 2012 in Kleinbaai hawe aangedoen. Op land word Richard deur Warren Dykes in 'n geborgde Land Rover vergesel.
Eben Visser van Secma het een van Secma se draagbare "trackers" as ondersteuning aangebied en het ook ‘n Blackberry Playbook Tablet geborg, sodat Warren deurentyd vir Richard kan “track” wanneer hy nie in sig is nie.

Die roeier vanaf Namibië na Mosambiek, Richard Kholer, besigtig een van die omgewing se haaie, met die hulp van Marine Dynamics, vanaf 'n veiliger posisie as sy bootjie
Dyer Island Conservation Trust (DICT) het vir Warren en Richard se akkommodasie in die Great White House en Saxon Lodge gesorg.
Michelle Wcisel van DICT het gesê dat Marine Dynamics Richard eers 'n eerstehandse ervaring van die haaie rondom Dyer Eiland gegee het en hom daarna na Die Dam vergesel het, vanwaar hy sy moordende roeibootjie-rit sou voortsit.
Hardus Botha
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.