n Boot en sy mense

n Boot en sy mense

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Laat ons net eers praat oor die hengel self. Die weer en die water was van so ‘n aard dat daar geen standvastigheid was met die vangery self nie. Watertemperature wat wissel van baie koud tot baster kookpunt het nie gehelp nie. Teen die naweek het dit anders begin lyk en mooi vangste kabeljou is veral deur die stokmanne gemaak  --  visse van so 10 kilo is mos nie te versmaai nie. Die Gruis en ook Haaiklip was baie gewild.  Eldo Marais met sy amperbootjie en drie vroue-“crew” het by Platjieskraal heel goed met die kabeljoue gevaar. Dit lyk asof daar die res van die week byna geen wind gaan wees nie en dan kan mens mos in amper normale water jou ding doen! Volgende week mag anders wees en dan gesels ons weer. Kreef het in die koue water weer gesig gewys.
Die ou wat ‘n boot besit, op ‘n gereelde grondslag wil gaan visvang, en beplan om ‘n “crew” daarby te betrek, moet aan ‘n paar sake aandag skenk. Daar is sekere vereistes waaraan beide die skipper en sy bemanning moet voldoen om die boot sinvol op die water te bedryf.
Laat daar eers ‘n onderskeid getref word tussen ‘n kommersiële opset en dié van ‘n sport- en ontspanningboot. Dat daar vir gewin (of oorlewing, sal hulle benadruk) op ‘n kommersiële boot gevang word, plaas ‘n ander konnotasie daarop, want dit word meer soos ‘n besigheid bedryf. Alle skippers benodig kennis, uiteindelik ervaring, vaardigheid, verantwoordelikheid, en die vereiste om met mense oor die weg te kom. Terwyl die kommersiële manne daar is om ‘n verdienste uit die vangste te bewerkstellig, is die werksverhouding ook meer professioneel. Ook in hulle geval moet natuurlik gestreef word om die eenheid so saam te snoer dat daar steeds ‘n aangename verhouding is. Dit kos deurdruk!
Die sport- en ontspanning-skipper, wat ook moet beskik oor bogenoemde kwalifikasies, se reëls en regulasies is nie so omvattend soos dié van die kommersiële manne nie. Indien hy egter sy bemanning wil behou en op goeie voet met hulle wil bly, behels dit steeds oordeelkundig werk en aanpas. 
Ons behandel nie vandag die ou wat sy boot slegs by uitsonderlike geleenthede gebruik nie  --  hy sal in elk geval nie oor hierdie fasette bekommerd wees nie.
Wil jy gereeld uitgaan met ‘n vaste “crew” en gelukkig wees met die resultaat, kos dit kophou. Lojaliteit en die vermoë om aan te pas by die gebruike en gewoontes by ‘n spesifieke boot, beide by die skipper en sy bemanning is baie noodsaaklik. Onthou dat niks ‘n bemanningslid (wel, daar behoort nie te wees nie!) bind om deel van  enige “crew” te wees nie. Die samewerking en vriendskap word oor tyd opgebou en na waarde geskat. Eers wanneer jy ‘n groepie mense het wat saam die see, hengel, én die geselskap geniet  kan jy, as skipper, ontspan.
Daar is nog baie oorwegings om in gedagte te hou  --  geldsake, verpligtings, gewoontes, gelofies, noem maar op. Indien hierdie legstukke inmekaar pas is daar niks so aangenaams soos hierdie boot en sy “mense” nie. Die trots by hulle is dadelik waarneembaar en dit is beslis die moeite werd!
Voorspoed. Seemeeu
 

n Boot en sy mense

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.