Fotografieklub flits 2013 binne

Fotografieklub flits 2013 binne

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die bestuur en lede van Gansbaai Fotografieklub het heerlik gerus, maar op Maandag, 21 Januarie 2013 het hulle 2013 met hul kameras op volle vaart binne geflits.

Die klub se "wen-fotograaf", Hugh-Daniel Grobler se uitstaande weerligfoto met Hermanus se liggies in die agtergrond

Linda Kloppers (sameroeper) het na die moontlike verkryging van 'n groot skerm vir die klub, ter wille van beter kwaliteit vir foto's, verwys. Sy het gemeld dat 'n borg in hierdie verband baie welkom sal wees. Sy het klublid Hugh-Daniel Grobler ook met sy enorme pryse wat hy losgeslaan het, gelukgewens. (Sien berig op bl. 3 van hierdie uitgawe) Voorsitter Christo Wessels het met die bekendstelling van 'n Konsep Grondwet en embleem vir die klub weggespring. Baie moeite en navorsing is deur hom gedoen en klublede het tot Sondag, 27 Januarie tyd gehad vir kommentaar, waarna die Konsep Grondwet goedgekeur sal word. Die Grondwet omskryf die klub amptelik as "Gansbaai Fotografieklub" en bevat alle relevante inligting vir 'n gestruktureerde fotografieklub. "Dit bly steeds 'n 'vriendelike' fotografieklub waarby beginners met mik-en-druk kameras kan kom aansluit," het Christo gesê. "Ons gaan beslis nie nou 'professioneel' raak en beginners daardeur afskrik nie, dit is net nodig om 'n gestruktureerde klub te wees, onder andere om etlike byvoordele te mag geniet." Christo se ontwerp van 'n embleem vir die klub is met 'n enkele wysiging ook aanvaar. Nadat alle formaliteite afgehandel is, het Christo die klublede se foto's met die tema, "Skulpies en Weer (weather)" vertoon. Klublid Marc du Plessis is aangewys om opbouende kritiek en sinvolle kommentaar te lewer en hy was baie tevrede met die hoë kwaliteit van foto's wat ingedien is. Gansbaai Fotografieklub vergader elke 1ste en 3de Maandag van elke maand om 18:30 te Kerkstraat 30, oorkant Gansbaai Laerskool se agterste hek. Sprekers word gereeld gereël en verder is elke byeenkoms baie gesellig en informeel, met vele geleenthede om meer rakende kameras en fotografie te kan leer.
Die volgende byeenkoms is op Maandag, 4 Februarie 2013, met die tema vir foto's: "Shadows & Reflections". (2 Feb in vorige Dagboek is foutief!) Vir navrae kan Christo Wessels by 082-920-9738 of Linda Kloppers by 082-550-7313 geskakel word.
Hardus Botha

Fotografieklub flits 2013 binne

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.