R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Michael Rutzen, ook bekend as die "Haai-man" van Shark Diving Unlimited in Kleinbaai, was verlede week in 'n ernstige motorongeluk in Mosambiek betrokke.
Sy Italiaanse vriendin, Elisabetta Castella (35), is op slag dood en hyself is baie ernstig beseer. Volgens 'n familie-woordvoerder, JP Botha, het die ongeluk sowat 10km suid van Inhamabane in Mosambiek plaasgevind.

'n Gansbaai Courant argieffoto van Michael Rutzen (“Sharkman”) van Shark Diving Unlimited, tydens die oorhandiging van 'n borgskap aan Jackie Lombaard ten bate van die Fees van die Ganse se Bergfiets-item
"Michael het vir 'n aankomende voertuig uitgeswenk en beheer oor sy Landrover verloor," het JP gesê. "Daar was nie 'n ander voertuig in die ongeluk betrokke nie." JP vertel dat Michael 'n baie ongemaklike nag in 'n Mosambiekse hospitaal deurgebring het, waarna hy die volgende dag met 'n noodvliegtuig na Johannesburg gevlieg is. Die vliegtuig het by Lanseria-lughawe geland, vanwaar Michael met 'n ambulans na die Sandton-Mediclinic in Johannesburg vervoer is. Hy is in die Intensiewe Afdeling opgeneem en het in erge pyn verkeer en is deurgaans onder verdowing gehou. Van sy ernstigste beserings is gebreekte ribbes wat in sy longe ingesteek het. "Die vog moes uit sy longe gedreineer word, maar sy lewe is nie in gevaar nie." Hy het in 1994 by grootwithaaie as skipper van 'n haaibesigtigingsboot betrokke geraak en 4 jaar later het hy begin om sonder die beskerming van 'n haaihok saam met grootwithaaie te swem. Sedertdien het hy wêreldwye bekendheid daardeur verwerf.
Hy was ook reeds by verskeie dokumentêre TV-uitsendings in hierdie verband (ook as "Sharkman") by Discovery Channel, National Geographic, Animal Planet, CNN, CBS, BBC en Franse en Italiaanse TV betrokke. Hy is ook bekend vir sy passie vir bewusmakingsveldtogte oor die bewaring van die grootwithaai. Navrae oor Michael se welstand is op Dinsdag, 5 Februarie by JP Botha gedoen. JP het soos volg gereageer: "Michael sterk baie goed aan en is vandag na die algemene saal oorgeplaas en sal na alle waarskynlikheid teen die naweek ontslaan word om huis toe te kan gaan." Dit is verblywende nuus en Gansbaai Courant wens hom graag algehele herstel toe.
Hardus Botha
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.