R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

'n Oomblik tydens 'n vorige kranslegging by die Dangerpoint Lighuis, met rdl Nicolette Botha-Guthrie, Overstrandse Uitvoerende Burgemeester, direk langs die Birkenhead Gedenksteen. (Gansbaai Courant argieffoto)
"Die jaarlikse herdenking van die HMS Birkenhead Troepeskip se stranding by Dangerpoint op 26 Februarie 1852, vanjaar 161 jaar gelede, is weer op hande," vertel Glenda Kitley, Bestuurder: Gansbaai Toerisme.
Glenda sê daar is besluit om hierdie geleentheid na 'n jaarlikse spesiale geleentheid uit te brei. Vanjaar sal diè tragedie vanaf Sondag, 24 Februarie tot Dinsdag, 26 Februarie herdenk word. "Ons wil graag die algemene kennis rondom hierdie gebeurtenis verbreed." Sy sê die bedoeling is ook om die herdenking buite Gansbaai te bemark, waarby afstammeling van drenkelinge in Engeland ingesluit is.
Die program vir die 3 dae bestaan uit die volgende: Sondag, 24 Februarie - 'n piekniek te Stanford's Cove om 16:00; Maandag, 25 Februarie - 'n aanbieding en sosiale aand in die Great White House, met Charlie Shapiro as gasspreker en die Gansbaai Academia Skoolkoor wat gaan optree; Dinsdag, 26 Februarie - Ontmoet by die Great White House om 07:30 vir 'n bootrit om 08:00 na die Birkenhead rots vir 'n kranslegging ter see, met die Herdenkingsdiens en kranslegging daarna om 11:00 by die Dangerpoint Lighuis. As gevolg van beperkte plekke en die tref van reëlings, is dit van uiterste belang om vóór of op 20 Februarie 2013 te bespreek.
Om 'n plek te verseker, kontak vir Glenda by 072-291-5564 of stuur 'n e-pos aan haar by gansbaaimanager@telkomsa.net. Onthou die datums: 24 - 26 Februarie 2013.
Hardus Botha
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.