Masakhane en Blompark Stormwaterprobleme

Masakhane en Blompark Stormwaterprobleme

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gereelde oorstromings van informele wonings en strate in Masakhane en Blompark gedurende die jaarlikse winterreënseisoen het die Overstrand Munisipaliteit genoop om daadwerklike aksies in te stel om die probleem aan te spreek. 
Gedurende die vorige finansiële jaar is ‘n bedrag van ±R1m in die begroting voorsien vir die ondersoek en opstel van ’n stormwatermeester-plan vir die woonareas van Blompark en Masakhane asook die industriële gebiede van Gansbaai en Stanford.
In die huidige finansiële jaar (2012/13) is ‘n verdere bedrag van ±R4.5m voorsien vir die implementering van die voorstelle vervat in die meesterplan. Die befondsing van die projek is afkomstig van staatsubsidies wat afkomstig is via die Munisipale Infrastruktuur Opgraderings-projekte (“Municipal Infrastructure Grant Funding”).

Die projek in Gansbaai behels die bou van minstens drie (3) stormwater hou-areas (retensie-damme) met ‘n hou kapasiteit van ongeveer 25 000 m3.  Hierdie damme het ten doel om oormatige stormwater tydelik te hou om oorstromings van strate, woonerwe en selfs die rioolnetwerk te voorkom. 
Dit is belangrik om daarop te let dat die doel daarvan dus nie is om permanente gronddamme wat vol water staan, daar te stel nie.  Die ontwerp van die damme het juis ten doel om die water daarin (weens veiligheidsrisikos) vir slegs ‘n tydperk van hoogstens 24 uur te hou waarna dit in die grond wegsuiwer.
Dit is veral die grondwerke by die vierrigting stop (Kleinbaai/Pearly Beach/Industriële gebied) en die betonpype langs die pad na Franskraal en die sportterrein (op pad na Blompark) wat groot belangstelling by plaaslike inwoners uitgelok het.  Hierdie pype wat oor meer as 2 km aangelê word, is in werklikheid aanvullend tot die bestaande ondergrondse stormwaternetwerk wat oormatige water uit die woongebiede van Masakhane, Blompark en ook die industriële gebied van Gansbaai na die retensiedamme moet herlei.

Masakhane en Blompark Stormwaterprobleme

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.