Liefde in n kissie

Liefde in n kissie

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Lank, lank gelede, toe daar nog min mense op die aarde was, het  St Valentine,  dit goed gedink om  die Romeinse keiser se edik te ignoreer en soldate  in die geheim in die eg  verbind. Hiervoor en vir sy Christelike bediening is hy die doodstraf opgelê.  Net voor sy eksekusie het hy die dogter  van die tronkbewaarder, Arterius, gesondgemaak en aan haar ‘n briefie gegee met die woorde: “Van jou Valentine.”  Was sy dalk Valentine se groot liefde? 

Volgens ‘n opname wat Dr Nancy Kalish, Ph.D vanaf 1993 in 42 lande gemaak het as navorsing vir haar boek The Lost Love Chronicles, is bevind dat twee derdes van mense wat  deelgeneem het, nie getroud  is met die groot liefdes in hul lewens nie.  Haar bevinding was dat terapeute die  blywende gevoelens van ‘n eerste en/of  sogenaamde groot liefde totaal  misinterpreteer en  pasiënte  wysmaak dat hierdie gevoelens gebaseer is op ‘n fantasie.  Hierdie soort liefde is gewoonlik ‘n sielsverbintenis, baie uniek van aard  en geen fantasie nie. Dit het niks met die seksuele of met  middeljare krisis te make nie. ‘n Ander sielkundige,  Dr Linda Waud, beskryf dit as ‘n wesenlike neurologiese verbintenis tussen twee persone, ‘n bewustheid wat vir ewig bly vassteek. Rob Dobrenski, Ph.D  verwoord dit as ‘n permanente voetspoor in die brein.

Dit is baie algemeen  dat mense om verskeie redes nie met hul groot liefdes in die huwelik tree nie.  Elke situasie is uniek, maar die mees algemene rede is dat  beroepskeuses hulle van mekaar verwyder en die verhouding as gevolg van afstand  doodloop. Een of albei van die persone begin ander verhoudings en trou uiteindelik. 

Dr Kalish se raad aan diegene is om die verlore liefde met jou voornemende huweliksmaat te bespreek  en vir jouself die saak uit te maak waar jy voel jy jou lojaliteit gaan laat lê kry. As jy obsessief  of paranoïes is oor jou eertydse liefde, moet liewer nie trou nie. Gevoelens vir een persoon gaan nie verander net omdat jy met iemand anders trou nie.  Hoe mense hulle ookal veroordeel, is Prins Charles en Camilla, Steve Hofmeyr en Janine sprekende voorbeelde hiervan. 

‘n Mens kan nog baie bekende name hier byvoeg: Koning Edward en Wallace Simpson; Richard Burton en ElizabethTaylor;  Estee Lauder en Joseph;  President Franklin D. Roosevelt en Lucy Mercer;  Robert Wagner en Natalie Wood; Lee Marvin en Pamela;  Vanessa Redgrave en Franco Nero. Dit is opregte liefde wat uiteindelik geseëvier het.

Volgens Dr Kalish se navorsing  is mans baie meer romanties as vroue. Op hul eie manier. Nie met momentos en gedroogde rose nie, maar in lojaliteit.  Meer mans as vroue was bereid om haar vorms in te vul en haar webtuiste beskik oor meer manlike as vroulike intekenaars. Terwyl meer vroue openlik op haar forum gesels, kontak meer mans haar per telefoon.   Dit was trouens die mans wat erken het dat, alhoewel hulle heel gelukkig in hul huwelike is, die eertydse geliefde nooit heeltemal uit hul gedagtes was nie. Dis glad nie net ‘n girlie ding nie.

Saamgevat, wil dit tog lyk asof ‘n mens tegelyk vir meer as een persoon ‘n  liefde kan hê, mits  beide liefdes  reg bestuur word. Gaan maak maar op Valentynsdag jou  kissie op die solder oop. Koester die herinnering aan daardie een saam met wie jy in kisklere kniediep in die strandskuim geloop het; die een wat jou sin begin het terwyl dit nog in jou gedagtes was; die een wat die dag voor sy troue gesê het hy is bereid om alles te los vir jou; die geluk wat jy van jouself af weggestuur het omdat jy gereken het dit is te volmaak om te kan hou.  Stuur ‘n dankgebedjie op vir daardie interlude in jou lewe wat jou voorberei het om liefde te gee aan en te ontvang van die mense wat deur die Hoërhand aan jou geleen is om die lewenspad saam met jou te bewandel.

Sit dan ‘n briefie in die kissie wat sê: “Van jou Valentine.” Dit sal die ou heilige tevrede stel.
Carien Badenhorst

Liefde in n kissie

Carien Badenhorst

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.