R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Die oudste inwoner van Baarskeerdersbos, die byna 95-jarige Enna Groenewald, sê sy verlang terug na haar kitaarspeeljare saam met haar vader.
Nou het sy besluit dat juis dít haar wens vir haar laaste jare is…om haar dae om te speel met 'n kitaar. Een middag op pad terug van Gansbaai se winkels af, het Enna so terloops aan Elsabè van der Merwe gesê: "Ek kan kitaar speel, weet jy, maar ek het nie een nie! Ek sal só graag weer een wil hê." Elsabè het haar eggenoot, Carel, van die gesprek vertel en hy het besluit om Gansbaai Courant in diè verband te kontak. "Miskien het iemand 'n ou kitaar wat 'op die solder' lê en stof opgaar," het Carel gesê.

Die byna 95-jarige Enna Groenewald van Baardskeerdersbos wat besluit het om weer kitaar te begin speel, saam met dr Bobo van Zyl tydens verlede jaar se 90-jarige feesvieringe van die B'Bos NG-gemeente
Nou word huiwerig bygevoeg dat 'n groot kitaar nie prakties vir Enna se kleine handjies sal wees nie. "Miskien dan maar 'n kleinerige kitaar en as daar 'n brug by is, nog beter!" Carel sê toe hy van die koerant praat, was sy baie huiwerig en skaam, maar het later ingestem dat hy dit mag doen. Nou-ja, vir groter opregtheid kan mens nie vra nie!
Enna is die oorblywende lid van B'Bos se bekende "Tweeling", waarvan haar suster, Henna, op 92-jarige ouder-dom op 25 September 2010 oorlede is. Enna het aan Carel vertel hoe "Pappie", wyle Barend Groenewald wat B'Bos se laaste ystersmid was, altyd op 'n orreltjie gespeel het. Dan het hulle alte lekker musiek gemaak.
Indien daar 'n ou (kleinerige) kitaar iewers rondlê, kan Carel van der Merwe by 082-321-1794 gekontak word. Dit sal weer Enna se oë laat blink!
Hardus Botha
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.