Stroper rol

Stroper rol

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News


Seevisserybeamptes en polisielede is hier besig om perlemoen langs die motorwrak in die veld te soek. Vlnr: Stanley Dramat, Winston Busch, Francois du Preez en Hoofinspektreur, Gilbert Mmereki. Agter: Twee polisielede, Sers W Basson (heel links) en A/O Mossie Mostert (regs).

‘n Man is ernstig beseer toe hy Woensdagoggend in ‘n jaagtog beheer oor sy motor verloor het.

Hy was in ‘n gehuurde Budget Car Rental Toyota Corolla op die R43 in die rigting van Stanford onderweg. Konst S Mfundisi, wat by die Perlemoenbaai-afdraai op patrollie was, het die goudkleurige Toyota gesien en dit het vir hom verdag voorgekom.
Hy het die voertuig met sy polisiebakkie gevolg en die blou ligte aangeskakel. Die Corolla het egter versnel en teen ‘n hoë spoed weggejaag.
Mfundisi het hom gevolg en nog ‘n patrolliewa met Konst MJ Mntshidi en Konst CC Malies het hul by die agtervolging aangesluit. Sowat 2km anderkant die Grootbosafdraai het die Toyota ‘n draai te wyd gevat en die pad vir sowat 38 meter aan die linkerkant verlaat. Die voertuig het toe weer na regs oor die pad beweeg en die bosse ingejaag. Dit het gerol en sowat 90 meter verder op sy dak tot rus gekom.


Perlemoen het in die veld gesaai gelê en ‘n groot aantal was steeds in swartsakke in die bagasieruim.
By nadere ondersoek is gevind dat daar stukke hout in die agterste veerstelsel gedruk is om te verhoed dat die voertuig te laag sak weens die swaar vrag. Dit het moontlik daartoe gelei dat die Corolla nie in die draai kon oorhel nie en dat die bestuurder gevolglik beheer verloor het.
Die bestuurder, wat nog nie geïdentifiseer mag word nie, het ernstige hoof en ander beserings opgedoen en is in die Provinsiale Hospitaal in Hermanus opgeneem.
Die polisie het beslag gelê op 3769 ontskulpte perlemoen en die saak word verder ondersoek.
Francois de Jongh
 

Stroper rol

Francois de Jongh

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.