R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

"Dit is algemene beleid onder Kwilt-groepe om minstens een liefdadigheidsprojek per jaar aan te pak," vertel Kinnie Schutte, leidster van die Gansbaai Kwiltgroep.
Hierdie aktiewe groepe dames vergader gereeld om te leer en te verbeter, terwyl daar trots aan hul kwiltwerke gewerk word, maar ook om gesellig saam te verkeer.
Die drie groepe in die omgewing is die Gansbaai Kwiltgroep, met Kinnie Schutte (028-384-3111) as groepleid-ster; Pearly Beach se Pearly Patches, met Anne Steyn (028-381-9004) as leidster; De Kelders se Wacky Whalers, met Rika Hoffman (028-384-1697) as leidster.
Vir enige navrae kan belangstellendes enige van hierdie drie dames skakel. Kinnie sê deel van die Gansbaai-groep se liefdadigheidsprojek is om ‘n Vrydag by die Woekermark te help met die teeskinkery. Rika sê die Wacky Whalers se 2013 Liefdadigheidsprojek is nog in beplanning.
|
Die Pearly Patches van Anne se 2013 Liefdadigheidsprojek is op BARC gevestig. Hulle beplan om 'n groot kwiltwerk vir oorhandiging aan BARC te finaliseer, wat dan as 'n fondsinsame-lingsprojek uitgeloot kan word. Behalwe vir afsonderlike byeenkomste, vergader hierdie drie groepe vier keer per jaar om gesellig met hulle onderskeie kwiltwerke saam te kuier. Hierdie byeenkomste staan onderling as "Show & Tell"-byeenkomste (Wys en Vertel) bekend.
Dan is daar geleentheid vir die dames om na mekaar se kwiltwerke te kyk, dit te bespreek en om wenke uit te ruil, asook om 'n aangename onderlinge gees van samesyn op te bou.
Hardus Botha
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.