Gholfnuus

Gholfnuus

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Verjaarsdae/Birthdays: Gelukkige verjaarsdag aan Sid vd Vyver (1 Maart) & Mike Lamb on the 4th – may it be a very happy day!
Persoonlik: Sid, ons dink aan jou met die operasie op die 20ste – sterkte en ons sal vir jou bid.
Woensdag se Sloegterskompetisie is gewen deur Charlie Bent met 39 punte, gevolg deur Solly Wessels 39, June Rahn 38, Johannes vd Walt 38, Royce Woods 38, Rob Jerrard 38, Leon Hattingh 36, Clive Bailey 36, Sextus Neethling 35, Bobby Brandt 35, Dawie Viljoen 35.  Nearest to the pin was June Rahn on no 2&11 and Solly Wessels on no 8&17.
Donderdag se 9-putjie kompetisie wat geborg word deur OK Foods, is gewen deur Bernard Olivier met 19 punte.  Die ledetrekking is nie gewen nie en word oorgedra na volgende week.
Vrydag was die Pearly Beach Angling Club se borgdag om fondse in te samel vir die bejaardes van Gansbaai.  Trevor Quirk en sy vrou Su was die spesiale gaste vir die dag, en Trevor het die veiling gedoen.  Die dag was ‘n baie groot sukses.  Ons het ook heerlik geluister na die sanger Elvis Blue en sy vrou Su – dit was werklik ‘n optrede wat deur een en almal geniet is.  Die 4BBB Stableford (Scramble Drive) kompetisie se uitslag is soos volg:  Daniel vd Merwe & Jakkie Beukes 55, Brian & Frances McIntosh 49, Johan Coetzee & Mike Lamb 46, Bobby Brandt & Rob Jerrard 46, Paul Dippenaar & Joe Cesare 46, Peter Spence & Ray Sadie 45, Stella Swart & Sextus Neethling 46, Bev Swart & Steve Muller 42.

Daniel vd Merwe & Jakkie Beukes, Wenners Gansbaai Marine Borgdag.

Saterdag was die Gansbaai Marine borgdag en daar het 56 spelers deelgeneem.  Die komitee en lede bedank André Coetzee vir die borgdag, die pragtige pryse en die braai na die wedstryd.  Dit was weer eens ‘n dag om te onthou!  Die dag was ‘n fondsinsameling vir Gansbaai Gholfklub.  Ons bedank André vir hierdie pragtige gebaar – dit word werklik baie waardeer. 

André Coetzee, Borg

Die kompetisie was ‘n 4BBB Stableford (Scramble Drive), en die wenners was Daniel vd Merwe & Jakkie Beukes met 56 punte, gevolg deur André Lourens & Walter Strydom 51, Steve Muller & Dawie Viljoen 51, Frances & Brian Mcintosh  51, Johan Coetzee & Leon Hattingh 50, Johan Hanekom & Clive Bailey 49, Rob Jerrard & Pierre Lombard 49, Johan Pieterse & Sextus Neethling 48, HP van der Merwe & D Laursen 48, Charlie Bent & Melvin Tobias 47, Bev Swart & Stella Swart 46, Malcolm Bury & Shaun Rube 46.  Naaste aan die penne was E Engelbrecht op no 2&11, Charlie Bent op no 8&17, Brian McIntosh op no 15, Johan Coetzee wen die langste set op no 9&18.
Volgende Saterdag is die klubkampioenskappe wat gespeel word oor 36 putjies.  Die A & B afdellings speel houespel en die C afdeling en die dames speel Enkel Stableford.

Klub/Club:  028 384 1441 – Leon Hattingh en Andre Roos
Navrae/Enquiries:  082 878 0534 – Johan Coetzee

Gholfnuus

Johan Coetzee

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.