R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Nog steeds is die kans daar om ‘n kabeljoutjie in die hande te kry, maar soos tevore al gemeld, het jy nog nie van hierdie geleentheid gebruik gemaak nie, is jy ver agter in die ry. Binnekort gaan die vis geepad dieper in en met die rowwer water om die draai gaan hulle ook nie meer so na aan die wal beskikbaar wees nie.
Met die westewinde wat kort-kort kop uitsteek is daar manne wat tog loer of die geelbek nie maar wil gesig wys nie, maar met min sukses. Nou ja, met min ander opsies bly daar nog steeds hotties oor, en hierdie vissies is nou lekker vet en hulle byt dat dit klap. Kom ons loer so slag na die kuns om vir hulle te hengel. En van ‘n boot af is die kanse skraal dat jy hulle nie gaan raakloop nie.
Om by jou lyn te begin -- hoe ligter, hoe beter. Jou hoekies. ‘n 4 of 2 en ‘n swaar genoeg sinkertjie wat jou gaan toelaat om deur die kleiner vissies te kom, of selfs van ‘n visstok gebruik te maak. Somtyds, soos ook met snoek die geval is, gaan die hotties aan die byt en solank jou lyn in die water is en aas aan die hoek, gaan jy feesvier onder die vis en is dit nie juis ‘n kuns nie. Soos met snoek, raak hulle skelm en is dit net die bedrewe hengelaar wat sal kan spog met ‘n paar vis. Daar is verskeie opsies wat jy kan gebruik wanneer die hotties besluit om hardekoejawel te word, en nie een waarborg sukses nie!
Jy kan jou lyn opmaak soos jy dit gewoonlik aan wal doen, met jou sinker wat onder hang en jou een of twee stroppe een bo die ander, bo die sinker. Of jy kan van die tousinkers gebruik, en ‘n drieoog-”swivel” met jou een of twee stroppe na onder. Normaalweg sal jou hoeke die een bietjie laer as die ander wees met die lengte van jou stroppe wat dikwels ‘n verskil maak. In plaas van die tousinker kan van ‘n glysinkertjie gebruik gemaak word en die hoeke self met so ‘n knoop aan die lyn gebind word dat dit los beweeg waar dit vasgebind is. In vlakker water sal ‘n ligte lyntjie met slegs ‘n “swiveltjie” as sinker verkieslik wees. Onthou ook dat hotties skoner water aanvaarbaarder vind.
Hierdie visse is nie beperk tot bamboes en riwwe nie, maar dis dikwels waar jy hulle vind, met die gevolg dat jy jou maar kan klaarmaak om “tackle” te verloor. Jy word ook net gewoond daaraan om jou sinker net bo die grond te hou, dan byt hulle skielik vyf faam onder die oppervlak. Kyk maar indien die ander manne beter as jy vaar, hoe hulle maak. Dikwels is net ‘n aanpassing nodig.
Die ou grotes pas net lekker op ‘n ordentlike braairooster!
Groete, Seemeeu
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.