R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
2013 het afgeskop met 16 manne, wat die OWA vergadering bygewoon het in Kleinbaai op 14 Februarie om 18:00. Gansbaai lede, asook lede van Kleinmond, Hermanus en Bonnievale was baie entoesiaties om die nuwejaar te begin.

Die OWA is onder leiding van Stigterslid en huidige voorsitter Hannes Lüdick begin in April 2010, uitsluitlik vir houtdraaiers. Die behoefte het onstaan deur dat van die lede houtdraaibanke het en nie die volle potensiaal uit hulle masjiene kon kry nie. Die funksie van die OWA is om jou masjien te ken, hoe om veiligheid toe te pas, watter hout is geskik vir draai, watter bytels gebruik word, hoe om jou bytels skerp te maak en algemene kennis op te bou. Dis 'n gesellige klomp bymekaar, en heelwat van hulle het al hul draaibanke opgegradeer na groter masjiene. 'n Demonstrasie wat verlede jaar aangebied is deur Hannes om penne te draai, het die klomp lede omtrent op hol gejaag, en daar is penne gedraai vir Afrika. Die klub bestaan uit ongeveer 20 lede, en daar word maandeliks uitgesien na die byeen-komste.
Vergaderings vind plaas op die 2de Donderdag van elke maand. Enige persoon wat 'n belangstelling in houtdraaiwerk het is baie welkom om die aand saam met hulle deur te bring. Die lede is ook altyd opsoek na hout, en daar word 'n beroep gedoen dat as daar 'n groot boom is wat afgekap word, die OWA gekontak kan word.
Houtdraai kursusse word ook aangebied en Hannes kan op 082 8903 679 of 028 3841170 gekontak word, ook vir inligting rakende die OWA.
Rienie Lüdick
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.