Speelpark in Blompark Geopen

Speelpark in Blompark Geopen

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

'n Deel van die groot hoeveelheid kinders, saam met enkele betrokkenes tydens die opening van die nuwe speelpark in Blompark

Dinsdag, 12 Maart 2013 was dit die ene "chaos" langs Roosstraat bo in Blompark. Nie as gevolg van probleme nie. Net vreugdevolle kinders wat op die pragtige en nuwe speelpark se toerusting toegesak het. En speel is daar gespeel - met mening - en beurte kon nie afgewag word nie, daarvoor het die pret eens te lekker gelyk.

Die nuwe speelpark is op Dinsdag 12 Maart te Blompark geopen. Die kostes van die toerusting wat daar aangebring is, beloop R35,000 en die gehalte daarvan getuig van die kostes. Gedurende die afgelope paar jaar is daar reeds R250,000 aan speelparktoerusting in die groter Gansbaai-gebied spandeer. Hierdie kosbare projek is deel van die R500,000 wat per wyk vir gemeenskapsprojekte begroot is.

Overstrandse Uitvoerende Onderburgemeester, Rhr Pieter Scholtz, wat ook die raadslid vir onder andere Blompark is, het tydens die opening van die speelpark die kinders en ouers toegespreek. Hy het daarop klem gelê dat die toerusting duur is en dat die kinders dit moet oppas. Hy het ook versoek dat die ouers en gemeenskap eienaarskap daarvan moet neem. Kat Myburgh, Areabestuurder van die Overstrandse Munisipaliteit se Gansbaai Administrasie en enkele munisipale beamptes, asook gemeenskapsleiers vanuit Blompark was ook teenwoordig. Onder hulle was Sammy Brett en hy het namens die ouers onderneem om na die speelpark om te sien en dat dit tot voordeel van die hele gemeenskap aangewend sal word. Die meegaande fotos getuig van net één ding - vreugde en nogmaals vreugde! 
Hardus Botha
 

Speelpark in Blompark Geopen

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.