R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Die burgerregte-organisasie AfriForum het n tak vir die Overberg-omgewing gestig.
Dié takstigting volg nadat verskeie van AfriForum se 12 nuwe takke in die Wes-Kaap reeds groot welslae op verskeie terreine behaal het. Nagenoeg 80 lede van die tak het die stigtingsvergadering in Uilenkraalsmond bygewoon, ondanks die feit dat lede oor die land versprei is. Pieter Rautenbach, hoof van plaaslikeregeringsake by AfriForum, het die vergadering toegespreek, waarna n takbestuur gekies is. Barnie Germishuys is as voorsitter verkies, Rudy du Plooy as ondervoorsitter, Nick Pretorius as sekretaris en Daniel Louw as penningmeester. Albertus Smit sal plaaslikerege-ringsake hanteer, Paul Venter sal hom op veiligheid toespits, Petro Smallbones behartig omgewingsake en Johan Prins is as 'n addisionele lid verkies wat ingenieursake sal hanteer.
Agter vlnr: Johan Prins, Paul Venter, Nick Pretorius, Daniel Louw. Voor vlnr: Pieter Rautenbach, Barnie Germishuys, Petro Smallbones, Rudy du Plooy en Albertus Smit.
Die tak se eerste taak is om n wenslys op te stel en dit met die Overberg en Overstrand Munisipaliteite te bespreek. Die AfriForum-tak sal, as n belangegroep, poog om n vennootskap met die owerhede te vorm. Verskeie uitdagings waaraan die tak aandag sal gee, is reeds geïdentifiseer. Dit sluit die agteruitgang van infrastruktuur, die hoë heffings op voorafbetaalde meters, die gebrek aan kommunikasie en die beweerde eensydige wysiging van lede se kontrakte in. Veiligheid is ook n groot prioriteit, en verskeie lede het by die vergadering by die buurtwag aangesluit.
Belangstellendes kan vir Barnie Germishuys by 083 388 9521 skakel.
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.