R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Verlede week het die oë gerek toe aanskou is hoe die see wemel van sardyn en selfs deur middel van verkykers nie duidelik onderskei kon word wat die “branders” veroorsaak nie. Duidelik was daar ‘n magdom vis in die water en die baie sardynbote se teenwoordigheid bevestiging daarvan.
Ook die see-anemone het in samewerking met die ander bewoners hulle deel gedoen om die balans te handhaaf. Foto’s: Jane Bailey
Vir baie mense was dit sover as wat hulle waarneming gegaan het, maar het jy meer belangstelling getoon was daar ander interessante aspekte. Die groot skole sardyn het ook Gansbaaihawe aangedoen en die ongewone gebeurtenis is die “skipjack” wat daar gevang is. Daar was ook tekens van witsteenbras en geelstert maar hulle het nie belanggestel om die hoek te vat nie. Met soveel aasvis beskikbaar, is dit seker te verwagte. Volgende keer dalk!
Dié foto toon duidelik hoe naby aan die kant die sardynbote dit gewaag het.
Een van die sardynbote het dit laas Maandag voor die Kelders baie na aan die kant gewaag en skynbaar het die nette geskeur en ‘n magdom vis losgelaat waarvan baie op die rotse beland het. Hengelaars en vistermanne het Dinsdag van die geleentheid gebruik gemaak om aas te bekom en is met houersvol daar weg. Buiten die sardyn se “skep” was dit iets om te aanskou hoe die seediere ook lustig meedoen. See-anemone het met heel visse gesit wat halfpad afgesluk is en oral was een of ander diertjie besig om sy oggendete te nuttig. Die voëls het hulle gedeelte al gehad en het rustig eenkant gesit en dophou. Dit was egter vreemd om die robbe in sulke groot skole in die omgewing waar te neem.
So het die sardyn in die poele gelê.
Oral waar gate of holtes in die rotse is het dit gelyk of die vis gestoor is want die sardyn was in klompe daar te vinde. Onder die bamboes het hulle ook blinklyf gelê en nog ander het in die poele rondgeswem. Nee, so ‘n geval gaan jy nie aldag ondervind nie en vir die wat wil, was daar ook baie om te sien en te leer.
Albert Potgieter
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.