Op soek na Wie maak vir Gansbaai Lekker

Op soek na  Wie maak vir Gansbaai Lekker

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Vlnr: Pieter van der Merwe, Aletta Groenewald en Chris Meyer

"Ek en Aletta Groenewald het gesels oor die vele musiektalente in Gansbaai en omgewing en besluit dat iets daaraan gedoen moet word," vertel Pieter van der Merwe. "Ons gedagtes het in die rigting van 'n Instrumentele Musiekvereniging begin beweeg en dit was nie lank daarna nie, of ons het vir Chris Meyer by ons gewonder betrek." Die stigting van so 'n vereniging op hierdie stadium is egter nie 'n prioriteit by dié drie musikante nie.

"Die gedagte is eerstens om so veel as moontlik mense van Gansbaai en omgewing wat musiekinstrumente kan bespeel, bymekaar te kry om sodoende die belangstelling vir ons idee te toets," vertel Pieter van die Akademie vir Kontemporêre, Jazz & Gospel Musiek van Suid-Afrika (ALMSA).

Aletta is weer bekend vir haar klavierspel tydens die NGK se Baardskeerdersbos Eredienste, terwyl Chris 'n lid van Manie Groenewald se Boereorkes is, asook 'n lid van die Boeremusiekgilde. Hierdie drie musikante versoek alle spelers van musiekintrumente om hulle so gou moontlik te kontak. "Enige musiekinstrumentspeler, hetsy klassieke-, ligte- of boeremusiek, is welkom om ons te kontak," sê Pieter. "Ons verwys ook nie net na professionele musikante nie - inteendeel - daarom is almal wat 'n musiekinstrument kan bespeel, welkom om ons te kontak." Engelssprekendes is vanselfsprekend welkom - musiekinstrumente ken net één taal!

Belangstellendes kan gerus van die volgende kontakbesonderhede gebruik maak: Pieter van der Merwe by 072-390-8084 of almsa@mweb.co.za; Aletta Groenewald by 082-499-0230 of aletta.groenewald@vodamail.co.za; Chris Meyer by 082-499-3086 of gretels@cybersmart.co.za. "Sodra dit blyk dat daar genoegsame belangstelling is, sal ons 'n vergaderdatum bekend maak. Die verloop van daardie byeenkoms sal bepaal of daar voldoende belangstelling vir die stigting van 'n Instrumentele Musiek Vereniging is," sê Pieter.

Hardus Botha

Op soek na  Wie maak vir Gansbaai Lekker

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.