R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
'n Deel van Gansbaai Fotografieklub in aksie tydens hulle praktiese uitstappie saam met Hugh-Daniel Grobler. Foto: Nicolene Richards
Klublid Hugh-Daniel Grobler het tydens die vorige byeenkoms van Gansbaai Fotografieklub seker gemaak dat klublede die kritiese belangrikheid van hul kameras se funksies sal besef en ook sal verstaan hoe om daardie funksies ten volle te benut. Hy was die aanbieder van die aand se tema, "Time Value". "Deur slegs op jou kamera se outomatiese funksies te vertrou, word vele geleenthede vir die neem van baie beter foto's verbeur," het hy gesê. Hugh-Daniel het op die 3 hoofaspekte gefokus om die beste beligte (korrekte "exposure") foto's te kan neem. Hierdie 3 aspekte het hy aan die hand van 'n driehoek verduidelik. Heelbo is die ISO (Internasionale Standaarde Organisasie), links onder is die sluiterspoed ("shutter speed") en regs onder die lensopening ("aperture"). In kort kom die definisies op die volgende neer: ISO - Dit beïnvloed die sensor se sensitiwiteit ten opsigte van lig. Hoe hoër die ISO, hoe meer lig word ingelaat; Sluiterspoed / Shatter Speed (SS) - Dit reguleer die tyd wat die sensor aan lig blootgestel word. 'n Vinnige SS "vries" die beweging van die onderwerp, terwyl 'n stadige SS die beweging wys. Lensopening / Aperture - Hier word ook na "f-stops" verwys en word aangedui as f2.8, f5.6, f8…. Dit dui op die grote van die lensopening wat die hoeveelheid lig reguleer. Hoe kleiner die f-nommer, hoe groter is die lens-opening en hoe groter die f-nommer, hoe kleiner die lensopening. Hugh-Daniel het van sy eie uitstekende foto's gebruik om die benut-ting van genoemde funksies te verduidelik.
Met die neem van hierdie besonderse foto deur Hugh-Daniel Grobler, was die sluiterspoed op 1/50ste van 'n sekonde, die lensopening op f5.6 en ISO op 800
Vir aanbied van werks-winkels, kan Hugh-Daniel (072-352-7776) geskakel word, of e-pos hom by hdgrobler@g mail.com. Op Maandag, 18 Maart het Hugh-Daniel 'n groot groep klublede en gaste op 'n praktiese uitstappie geneem om die kennis wat hulle opgedoen het te gaan toepas. Die volgende byeenkoms is 'n uitstappie na Platbos op 1 April vir 'n Bring-en-Deel Ontbyt en die neem van foto's. Die vertrektyd is 06:00, maar sal bevestig word. Navrae rakende Gansbaai Fotografieklub kan aan Christo Wessels by 082-920-9738 of Linda Kloppers by 082-550-7313 gerig word.
Hardus Botha
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.