Bekwame Toerismepersoneel

Bekwame Toerismepersoneel

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Onderskeidelik links en regs is Rigardo Plaatjies en Heinrich Jansen wat hul toergids-lapelwapens en sertifikate van Andrè de Waal (middel) ontvang het

Gansbaai Toerismepersoneel het hul kennis al verskeie kere met kursusse en die bywoning van aanbiedinge buite Gansbaai verbreed. So was dit ook weer met Heinrich Jansen, Inligtingsbeampte en Rigardo Plaatjies, tydelike werknemer van Gansbaai Toerisme.

Heinrich het sy Omgewingsgidskursus (Site Guide Course) vroeër vanjaar by die Tourism Guide Institute verwerf. Dit was 'n offisiële en erkende kursus en Heinrich is nou by die Departement Toerisme as 'n omgewingsgids geregistreer. Sy area van bediening as amptelike gids is die Groter Gansbaai Area.

Andrè de Waal van die Tourism Guide Institute het Heinrich se offisiële lapelwapen en sertifikaat op Dinsdag, 2 April 2013 aan hom oorhandig.

Gansbaai Toerisme se tydelike werknemer, Rigardo Plaatjies, is reeds 'n bekende gids vir die Perlemoen Trail en het belangstellendes al etlike kere op die Duiwelsgat Voetslaanroete vergesel. Hy is ook op die Extended Public Works Programme (EPWP) van die Overstrand Munisi-paliteit. Nou is Rigardo ook 'n offisiële omgewingsgids wat sy opleiding ook by die Tourism Guide Institute deurloop het, waarvoor hy saam met Heinrich 'n lapelwapen en sertifikaat van Andrè ontvang het.

"Altwee hierdie knap jongmanne het ook reeds 'n Noodhulpkursus (Vlak 1) suksesvol deurloop," vertel Glenda Kitley, Bestuurder: Gansbaai Toerisme.

"Gansbaai Toerisme is trots op hulle!" Met die jaar wat reeds fluks aan die vorder is, word lesers net weer aan die Toerisme Kalender herinner waar gekyk kan word om botsings met die aanbieding van spesifieke geleenthede te vermy.

Kom sluit ook gerus teen 'n minimale jaarlikse fooitjie as Toerismevriende aan en bly op hoogte van gebeure in die omgewing.

Die kantoor se besoektye is Maandae tot Vrydae 09:00-17:00, Saterdae 09:00-16:00 en Sondae 10:00-14:00. Vir opdatum toerisme gebeure en interessanthede, kan hulle by 028-394-1439 gekontak word, of stuur 'n e-pos aan gansbaaiinfo @telkomsa.net.

Webtuistes is: www.gansbaaiinfo.co.za of www.gansbaai.com.

Hardus Botha

Bekwame Toerismepersoneel

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.