R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Norman Sauls en sy eggenote, Catherine, in hul huis in Blompark
Samuel Norman Sauls (58), alom bekend as Norman en met 'n permanente lag in sy stem, is op 14 Oktober 1954 op die plaas Afdak naby Botrivier gebore. Sy ouers was wyle Jims en Louisa Sauls. "My oorlede pa was daardie jare 'n skaapwagter en het dus as trekarbeider heelwat rondgetrek," sê Norman. Hy het 6 broers, waarvan 3 oorlede is en 4 susters.
Norman het aanvanklik op die Botrivier plaas grootgeword, maar die gesin het later na 'n plaas in die omgewing van Bredasdorp verhuis. Dit is ook daar waar Norman van sy skooljare deurgebring het. "Ek het maar later op my eie studies aangepak, wat vakke soos Bybelkunde, Volkekunde en Kriminilogie ingesluit het," vertel hy. Hy het ook die bekende EE111 Kursus deurloop en is tans besig met module 2 van Veritas College Internasionaal se kursus in dr Lisel Joubert se Bybelstudiegroep. Op 30 September 1978 tree Norman by die Zoar Sendingstasie tussen Calitzdorp en Ladismith met Catherine in die huwelik. Twee 2 dogters, Jolande en Carol, asook twee seuns, Fernando en Julian, is uit die huwelik gebore en Norman en Catherine spog met 6 kleinkinders.
Op 22 April 1974, sowat 38 jaar gelede, verhuis die gesin na Blompark, Gansbaai. Op dieselfde dag tree hy by Gansbaai Marine in diens, waar hy vir sowat 35 jaar gewerk het. Aanvanklik as Sakskaal-bediener en later as Mengtenk-bediener tot en met sy aftrede in 2010. Gedurende hierdie tydperk tree hy ook op as verteenwoordiger by die Vakbond, Food & Allied Workers Union, waar hy vir sowat 20+ jare as voorsitter dien. Voorheen was Norman ook by organisasies soos Gansbaai Primêr se Ouerkomitee betrokke, waar hy vir sowat 7 jaar as voorsitter opgetree het. "Wat doen ek nou as pensioenaris? Ek sien myself nou as 'n entrepreneur!" Norman se eintlike bekendheid berus by sy vele jare se aktiewe Kerkbetrokkenheid by die Blompark VGK-gemeente, waarby hy sedert hul aankoms in 1974, toe nog 'n NG Sendingkerk, betrokke was. Daar het hy onder andere as Kerkraadslid (diaken en later ouderling) gedien en as Katkisasiemeester opgetree. Norman is reeds vir etlike jare die gemeente se Leierouderling en is ook die Koorleier. As Leieroudeling is hy oorkoepelend by gemeentelike aktiwiteite betrokke, soos algemene organisering en beplanning, die reël van basaars en vele ander kerklike aktiwiteite. "Ek beskou Norman as 'n buitengewoon toegewyde mens wat sy kerk en die Here met 'n passie dien. Hy is 'n absolute en betroubare skakel tussen myself en die VGK-gemeente en is 'n ware omgee-mens met deeglike insig en verantwoordelikheid," het ds Dirk van Dyk op navraag gesê.
En hoe voel Norman oor sy dogter, Jolandi, wat onlangs as pastoor van die Kingdom of God Ministry International georden is? "Ek is trots op haar en respekteer haar individuele besluitneming en wil graag sien dat sy haarself op geestelike vlak sal uitleef," is sy antwoord. Norman het vroeër jare vir hulle 'n 7-slaapkamer "vakansiehuis" naby Zoar Sendingstasie gebou en dit klink asof die egpaar beplan om daarheen terug te gaan, wat 'n groot verlies vir hierdie gemaanskap sal wees. Norman sê hy is dankbaar dat hy steeds in goeie gesondheid verkeer en dat hy soveel tyd en energie in die VGK-gemeente kan insit - 'n saak wat vir hom lankal reeds 'n passie in sy lewe geword het.
Hardus Botha
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.