R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Die halpadmerk met die Water4Water staptog, met welkome water en piesangs wat uitgedeel is, met agter vlnr Jackie Lombaard, Yolandi Kriel en Natasha Forbes saam met enkele van die kleuters
"Op 27 Maart het Flower Valley Early Learning Centre se blinkoog kleuters en belangstellendes opgewonde die 6 km staproete aangepak," laat weet Marlette Longland, koördineerder van Gansbaai Eko-skole Projekte. Sy sê klein en groot het ‘n bottel water saamgedra om te wys hulle ondersteun die Walk4Water Projek. "By die halfpadmerk is water en piesangs uitgedeel en by die eindpunt het elkeen ‘n heerlike kolwyntjie onder die koeltebome geniet." Die deelnemers is dit almal eens dat hulle die staptog terdeë geniet het. Marlette vertel dat selfs die kleuters deurtentyd bewus was van die doel van die staptog. "Hulle het besef dat daar regoor die wêreld kinders en volwassenes is wat nie skoonwater in hul huise het nie en daarom soms kilometers ver moet loop om water te gaan haal.
Vir meer inligting rakende die Flower Valley Early Learning Centre, kan Natasha Forbes gedurende kantoorure by 028-388-0713 of 087-808-5353 geskakel word, of stuur 'n e-pos aan hulle by elc@flowervalley.co.za.
Hardus Botha
'n Deel van die kleuters van die Flower Valley Early Learning Centre tydens hulle deelname aan die Water4Water Projek
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.