R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Burgemeester Nicolette Botha-Guthrie spit die eerste sooi vir die aanbou van die teerpad.
Die bou van ‘n teerpad tussen Uilenkraalsmond en Elim, as deel van die projek om die Suidpunt, Bredasdorp en Elim met Gansbaai te verbind, is verlede Donderdag tydens ‘n sooispit seremonie in Elim geloods. Die Departement van Vervoer en Publieke Werke van die Wes-Kaap onderneem die projek teen ‘n koste van R277 miljoen. Daar word verwag dat die kontrak oor 30 maande sal strek en die werk het reeds in aanvang geneem. Die pad behoort dus in die tweede helfte van 2015 voltooi te word. Die kontrakteurs is Haw and Inglis en die ingenieursfirma is HHO Africa Infrastructure Engineers. Die werk sluit ook die opgradering van die pad deur die dorpsgebiede van Elim en Baardskeerdersbos in en sal op ‘n manier gedoen word om die atmosfeer en kultuur historiese karakter van die dorpe verder esteties uit te bou. ‘n Nuwe brug sal ook oor die Uilenkraalrivier gebou word.
“R16 874 282 van die algehele kontrak is gereserveer vir plaaslike arbeid teen ‘n vasgestelde tarief van R150 per persoon per dag. Dié arbeidsmag sal deur ‘n gemeenskaps betrokke deursigtige proses uit die plaaslike omgewing aangestel word. Dit sal verseker dat die aanstellings regverdig gedoen word. Verdere R1 170 500 is geallokeer vir arbeidsopleiding, leierskap en vakleerlingskap om op die langtermyn verkose lede van die plaaslike gemeenskap tot voordeel te strek,” het Minister Robin Carlisle gesê. Volgens hom sal die projek essensiële infrastruktuur aansluitings in die omgewing tot gevolg hê. “Die projek sal by voltooiing drie gemeenskappe in die Suid-Kaap naamlik Gansbaai, Elim en Bredasdorp bedien en die plaaslike ekonomie ‘n hupstoot gee. Dit sal ook ‘n nuwe toeristepoort in ‘n gebied met hoë potensiaal skep,” het Carlisle verder in ‘n verklaring gesê.
Die sooispit geleentheid was ook deur die Overstrand se Uitvoerende burgemeester, Nicolette Botha-Guthrie en Onder Burgemeester, raadsheer Pieter Scholtz bygewoon.
Tydens die seremonie het die Overberg Distriks Munsipaliteit se burgemeester, Lincoln De Bruyn, die verwelkoming gedoen waarna Ds M October ‘n diens in die historiese Morawiese Kerk gelei het.
Die projek is reeds in 2001 deur Overstrand Munisipaliteit en die boeregemeenskap geïnisieer. Die gemeenskap van Elim en Agulhas Munisipaliteit het die projek ook ten volle gesteun en dit het tot die goedkeuring van die projek gelei.
Franscois de Jongh
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.