SD se John Birkenhead

SD se John Birkenhead

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

SD Fourie van Franskraal se radiodrama, John Birkenhead, word vanaand (18 April) om 20:00 oor RSG uitgesaai. Die radiodrama het betrekking op die stranding van die HMT Birkenhead wat op 26 Februarie 1852 by Danger Point gestrand het.

'n Deel van Gansbaai Leeskring se lede, met voor SD Fourie met die baba, John Berkenhead Hudson op haar skoot, saam met Annemarie du Plessis (voorsitter). Agter vlnr staan Sylvia le Roux, Piet en Annetjie Visagie en Vea Tredoux


Daar was 100 inskrywings vir RSG en Sanlam Radiodrama-skryfkompetisie en SD het vroeër vanjaar met die 3de prys weggestap. "Onder gewone omstandighede is 'n radiodrama van 'n plaaslike skrywer nie groot nuus nie, maar dié een is nogal," vertel SD. "Sover ek kon vasstel is dit die eerste drama oor die stranding van die Birkenhead wat onder andere handel oor die feit dat daar drie babas op die gedoemde vaart gebore is." SD sê dié spesifieke baba, John Berkenhead Hudson, is na die HMT Birkenhead vernoem. 'n Direkte nasaat van die baba, Sue Wilson, haar eggenoot, Richard en hulle seun, Marc, het tydens 'n besoek (2005) aan die Strandveld museum 'n afskrif van die geboortesertifikaat aan die museum geskenk. Op die sertifikaat is die naam "Berkenhead" met 'n "e" gespel en nie met 'n "i" nie. "Ek het die naam vir my radiodrama maar liefs met 'n "i" gespel, anders dink mense ek kan nie spel nie!"

Tydens die 150ste herdenking van die tragiese gebeure, was Corrie Riddering vir die outentieke kostuums verantwoordelik. Ook dié van baba (pop) John Birkenhead. "Sue Wilson was nogal erg aangedaan om die pop, haar 'voorsaat', in haar arms te kon vashou," het SD gesê. Volgens SD was  die geboortesertifikaat die beginpunt van haar drama, John Birkenhead. SD het haarself al deeglik bewys as skrywer. Drie van haar vorige radiodramas wat oor RSG uitgesaai is, is Roep van die Potjieriet (2004 - 3de plek), Helderfontein (2010) en Droomskip (2008 - 1ste plek). Laasgenoemde is ook in die bundel Droomskip en ander radiodramas opgeneem, wat as voorgeskrewe werk vir hoërskole saamgestel is. Tydens Gansbaai Leeskring se onlangse byeenkoms, het SD as gasspreker opgetree en onder andere oor haar nuutste radiodrama, John Birkenhead, ook gepraat. Skakel gerus vanaand (18 April) om 20:00 in op RSG om na 'n uitsending van SD se radiodrama te luister.    

                   
Hardus Botha 

SD se John Birkenhead

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.