R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Annatjie Liebenberg by die eerste "nis-in-gebruik" in die NG-gemeente se Gedenkmuur, waarin sy haar eggenoot, wyle Kallie Liebenberg, se as geplaas het
Dit is heel gepas dat die eerste nis in die NG-gemeente se Gedenkmuur vir wyle Kallie Liebenberg (15 April 1936 - 20 Junie 2011) se as gebruik is. Hy was vir etlike jare 'n gewilde, hulpvaardige en geliefde koster van die gemeente en het alom as "Kallie Koster" bekendgestaan. Dan was hy ook vir 43 jaar 'n entoesiastiese NGK Koorlid gewees. "Nou voel ek tevrede omdat Kallie uiteindelik en finaal in die nis in die Gedenkmuur tot ruste gekom het," het Kallie se eggenote, Annatjie, verlede Saterdag gesê. Sy en haar Gansbaai kinders, Karel en Yolanda Liebenberg het saam met die twee kleinkinders, Kareltjie en Lynmari, Kallie se as tydens 'n privaat geleentheid in die nis geplaas. "Die geleentheid gaan ook vir ons gepaard met sy verjaardag op Maandag, 15 April, wanneer dit Kallie se 77ste verjaardag sou gewees het." Kallie en Annatjie is op 26 Desember 1964 getroud en het 2 seuns, 'n dogter en 7 kleinkinders. Hulle is Karel en Yolanda Liebenberg van Gansbaai, met 2 kinders, Jakkie en Claudia Liebenberg van Somerset-Wes, met 3 kinders en Sariëtte Von Willigh-Barnard, getroud met Carl en woon in Nieu-Seeland, met 2 kinders. Kallie het tot en met sy aftrede op ouderdom 60, as Produksiebestuurder by Gansbaai Mariene gewerk, met in totaal sowat 48 jaar diens. Annatjie is vir die afgelope 31 jaar in diens van Gansbaai Pelagiese Visserye Beperk, waar sy steeds werksaam is.

Wyle Kallie Liebenberg wat op 20 Junie 2011 oorlede is
Met verwysing na die onderste hoekie in die Gedenkmuur wat deur Annatjie gekoop is, het haar broer, Frikkie Mostert, gesê: "Nou kan Kallie, as koorsanger, vir jou sing - Jy in jou klein hoekie..en ek in myne!" Annatjie bedank graag die NG Kerkraad en predikante vir die goedkeuring van die Gedenkmuur "wat groot berusting in my gemoed gebring het." Vir meer besonderhede oor die bespreking van 'n nis in die Gedenkmuur, kan gemeen-telede die NG-Kerkkantoor by 028-384-0510 skakel.
Hardus Botha
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.