R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Van links na regs is Melanie, Alec, JP, Freddie en spanbestuurder, Archie Chambers
Tydens die besigheidsliga van 2013 het 22 spanne oor ‘n aantal weke meegeding om 'n wenner te bepaal wat op 6 April 2013 in die finaal te Paarl teen spanne van ander dorpe sou gaan meeding. Die standaard van spel was verbasend goed inagnemend dat die deelnemers nie gereeld oefen nie en slegs een keer per jaar deelneem. Daar is beslis deelnemers wat oor die potensiaal beskik om gereelde spelers te word, maar dit is te verstane dat werks- en ander verpligtinge dit nie moontlik maak nie. Daar kan egter reëlings getref word om belangstellendes op alternatiewe wyses te akkommodeer, maar dan sal iemand uit die geledere van die besighede die inisiatief moet neem om die Bestuur van die rolbalklub te nader.
Daar is reeds gedagtes hieroor gewissel, maar dit moet nog tot uitvoering gebring word.
Die wenner van vanjaar se plaaslike kompetisie was Omega Ondernemings. Die wenspan het daarna in die Paarl met vier spanne van elders afgereken en is vanjaar se Boland kampioen. Franskraal Rolbalklub is trots op almal wat deelgeneem het, maar veral op Omega wat gewys het wat gedoen kan word asook wat 'n aangename sport rolbal eintlik is. Die spanlede was Melanie, Alec, JP en Freddie en het onder die leiding van die spanbestuurder, Archie Chambers gestaan.
Dit kan ook nie nagelaat word om te noem dat die sukses van hierdie toernooi moontlik gemaak is deur die goeie organisasie deur die Visepresident van Franskraal Rolbalklub, Mattie Neethling en haar volgehoue aansporing van die deelnemers.
Pieter Conradie, President, Tel 028-384 1822 / 083-270 9384
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.