R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gerrit (Janes) Cloete ná sy vierde plek in 'n Amerikaanse halfmarathon.
Gansbaai, internasionaal bekend vir die walvisse en haaie aan sy kus, het onlangs om 'n heel ander rede in die VSA nuus gemaak. Die dorp se naam pryk in die vierde plek van die uitslae in 'n groot halfmarathon in die Amerikaanse staat Texas.
Gerrit Cloete (28) het hierdie prestasie behaal toe hy saam met 150 atlete van 19 state deelgeneem het aan 'n veeleisende boswedloop (trail run) oor 21,1 km by die Texoma-meer op die grens van Texas en Oklahoma. Gerrit, alom bekend as Janes, werk as ingenieur op 'n eiland in die Persiese Golf, maar beskou Gansbaai as huis. Sy pa, Gerrit Snr., is 'n afgetrede koerantredakteur en woon op Franskraal. Janes het dus as Gansbaaier vir die byeenkoms ingeskryf toe hy tydens sy vakansie in die VSA daaraan deelgeneem het.
Asof die roete nie genoeg uitdagings gestel het nie, was die temperatuur tydens die wedloop op vriespunt, iets heeltemal vreemd vir iemand wat gewoond aan die Arabiese hitte is. 'n Universiteitsvriend van Janes wat in New York woon en werk, Wouter Myburgh, het elfde geëindig.
Janes het as leerling aan Paul Roos-Gimnasium op Stellenbosch aan veldlope begin deelneem. Daarna het hy 'n Matie geword en padwedlope aangepak. Hy het verskeie kere die Twee Oseane-halfmarathon voltooi (met 'n beste tyd van 1:18:24) en onder meer 'n goue medalje in die Danger Point-halfmarathon op Gansbaai verwerf. Sedert hy in die Verenigde Arabiese Emirate werk, het hy al daar en in die VSA meegeding. Later vanjaar wil hy in Namibië en Kenia gaan hardloop.
Gerrit Snr. sê hy is trots op sy seun, maar persoonlik verkies hy fietsry bo draf, "want dis baie makliker om te sit en oefen".

Gansbaai se naam pryk in die uitslae van die wedloop in die VSA.
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.