R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Konferensie trofeewenners vlnr: Betsie Bester, Vera Swart, Esmé van Dewenter, Rienie Lüdick, Elizabeth Muller en Ronel de Villiers.
Die op en wakker gasvroue van Leefstyl het gesorg vir ‘n vergadering van verskeidenheid wat baie byval gevind het by almal. Miempie du Plessis, sameroeper, het ‘n vasvra oor die ingewikkelde name en oorsprong van bekende geregte gehou. Dames het kopgekrap oor Pita, Pavlova, Ganache ens, maar Miempie het ‘n antwoord op alles gehad.
Vera Swart het ‘n treffende tafel gedek en aan lede bewys dat dit nie noodwendig ‘n duur onderneming is om gaste aan ‘n mooi tafel te onthaal nie. Papier tafelmatjies, handgeskrewe plekname en eenvoudige enkel blomme in interessante houers kan ‘n groot verskil maak.
Die voorsitter, Rienie Ludick, het die dames aangemoedig om Sirkel Overberg se inligtingsdag op 21 Mei by Jongensklip by te woon en ook deel te hê aan ons plaaslike Wêreld Stapdag vir Vroue op 29 April om 10h00 vanaf Kleinbaai se hawe. Belangstellendes kan haar skakel vir meer inligting oor beide die geleenthede.
Die VLV hou ‘n baie gesellige Internasionale aand op 7 Mei 2013 om 19:00 in die Pretoriussaal. Dit is ‘n wonderlike geleentheid om tien verskillende lande se tradisionele kos te proe vir die skamele bedrag van R50 p/p. Gaste word gevra om slegs eie drankies en glase te bring.
Kaartjies is beskikbaar by Rienie Ludick. Tel: 0283841170 of Sel: 0814338248.
Gansbaai se VLV het besonder goed presteer in die landwye Huletts Kompetisie. Drie plaaslike inskrywings was die wenners in Sirkel Overberg en gaan nou deur na die finale beoordeling in Pretoria. Die wenners was Esmé van Dewenter se suurlemoensmeer en mosterdgroente en Rienie Ludick se suurlemoenstroop. Baie geluk aan dié dames.
Deelname aan die plaaslike kompetisies is steeds baie goed.
Die uitslae is soos volg:
Kookkuns: 1.Francette Cillié-Malan; 2.Betsie Bester; 3.Rienie Ludick.
Mikrogolf: 1.Betsie Bester; 2.Marie van der Merwe; 3.Rienie Ludick.
Lekkers: 1.Betsie Bester; 2.Marie van der Merwe.
Naaldwerk: 1.Elizabeth Muller; 2.Betsie Bester; 3.Rienie Ludick.
Tuiswerk: 1.Mary Badenhorst; 2.Amanda de Vries; 3.Elizabeth Muller.
Breiwerk: 1.Betsie Bester.
Hekelwerk: 1.Rienie Ludick; 2.Betsie Bester.
Tossie Nortje het ter afsluiting met Adam Small se Oppie Parade die dames oortuig lag is goed vir die siel, hou jou gesond en is verniet. Die verskillende slaaie met resepte by die teetafel was ‘n wenresep vir ‘n suksesvolle middag. Die volgende vergadering – Opvoeding en Kultuur - is 4 Junie om 15:00 in die Pretoriussaal. Betsie Bester is die sameroeper.

Miempie du Plessis besig met haar vasvra.
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.