R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Heinrich Jansen, Inligtingsbeampte van Gansbaai Toerisme, wat onlangs sy eerste vuurdoop as gekwalifiseerde toergids beleef het
Heinrich Jansen, Inligtingsbeampte van Gansbaai Toerisme, het verlede week sy vuurdoop as Toergids beleef. "Die toer met die 60 pensioenarisse vanuit Kaapstad het baie goed afgeloop en hulle was so beïndruk met wat hulle gesien en gehoor het, dat hulle beplan om Gansbaai weer in die toekoms te kom besoek," vertel Heinrich. Hy het die groot groep na Dangerpoint Lighuis, Great White House van Wilfred Chivell, Strandveld Museum van SD en Jan Fourie, Gansbaai en Kleinbaai hawens en enkele ander plekke vergesel.
As gekwalifiseerde toergids vir Gansbaai Toerisme, blyk dit uit gesprekke met die toergangers dat Heinrich homself uitstekend van sy taak gekwyt het. Oral waar die groep afgeklim het, is hulle breedvoerig deur hom ingelig en is vele vrae bevredigend beantwoord. Hy sê die pensioenarisse was veral beïndruk met Strandveld Museum, gepaardgaande met SD Fourie se interessante vertellings, veral van die Birkenheadverhaal. "Hulle was ook baie beïndruk met die ete en vriendelike, flinke diens by die Great White House in Kleinbaai," vertel Heinrich. "Dit was my eerste toerbegeleiding as toergids en dit was 'n ware vuurdoop met so 'n groot groep mense en dit nogal pensioenarisse," sê hy. Die toergroep se organiseerder het met Gansbaai Toerisme kontak gemaak en Glenda Kitley, Bestuurder, het nie gehuiwer om Heinrich as toergids aan te beveel nie. Heinrich is lankal reeds 'n bekende en vriendelike gesig agter Gansbaai Toerisme se toonbank. Op 2 April vanjaar het Andrè de Waal van die Tourism Guide Institute Heinrich se sertifikaat as toergids, asook sy lapelwapen, aan hom oorhandig, nadat hy 'n Omgewingsgidskursus (Site Guide Course) suksesvol deurloop het. Dit is 'n offisiële en erkende kursus en Heinrich is nou by die Departement Toerisme as 'n omgewingsgids geregistreer.
Gansbaai Toerisme se besoektye is Maandae tot Vrydae 09:00-17:00, Saterdae 09:00-16:00 en Sondae 10:00-14:00.
Vir opdatum toerisme gebeure en interessanthede, kan hulle by 028-394-1439 gekontak word, of stuur 'n e-pos aan gansbaaiinfo@telkomsa.net. Webtuistes is: www.gansbaaiinfo.co.za of www.gansbaai.com.
Hardus Botha
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.