Vir die Beste Voorkoms

Vir die Beste Voorkoms

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Patricia Franken, 'n Voorkomskonsultant, tydens haar aanbieding met 'n vorige ontbyt ten bate van die Flower Valley Early Learning Centre

"Die tema tydens ons ontbytoggend op die plaas Flower Valley fokus op hoe dames die wêreld met groter selfvertroue kan aandurf," vertel Heather D'Alton, Kommunikasie-bestuurder: Flower Valley Conservation Trust. "Kom leer hoe om die beste van jou voorkoms te maak!" Vrae wat gevra word, is onder andere: "Ken jy jou stylpersoonlikheid? Weet jy hoe om jou figuur te vlei? Weet jy watter kleur jou die beste pas?" Heather sê hierdie vrae sal volledig deur die Voorkomskonsultant, Patricia Franken tydens 'n heerlike en gesellige Sjampanje-ontbyt op Flower Valley Plaas beantwoord word. Hierdie ontbyt word op Saterdag, 11 Mei 2013 aangebied.

"Volgens Patricia, as vrouens hulself, hul gelaatskleur en hul proporsies beter verstaan, sal hulle met soveel meer selfvertroue die wêreld aandurf," sê Heather. Patricia het die volgende kommentaar gelewer: “Hoe jy jou voorkoms hanteer, maak ‘n groot deel uit van wie jy is. Om goed geklee te wees, beteken eenvoudig om aan jou spesifieke behoeftes te voldoen.” Patricia gaan op die verskillende stylpersoonlikhede, en hoe dit jou manier van aantrek beantwoord, fokus. “Jou stylpersoonlikheid is so belangrik, en dit is iets waarmee jy gebore is. Party vrouens het ‘n romantiese persoonlikheid, ander nie. As jy jou stylpersoonlikheid verstaan, kan jy jou klerekas reg kies, volgens jou persoonlikheid, en nog steeds stylvol lyk.” Sy gaan ook aandag skenk aan die kleurgroepe en grimering. “Dit gaan ‘n heerlike dag van praktiese wenke wees, met hopelik vele vrae uit die gehoor.” Die Sjampanje-ontbyt word deur Flower Valley se voorskool, die Early Learning Centre, aangebied. Hulle bied onderrig aan kinders tussen twee- en ses jaar. Kaartjies kos R50 per persoon en is ten bate van die skool.

Vir enige navrae kan Natasha Forbes by 072-150-4826 geskakel word, of stuur 'n e-pos aan haar by elc@flower valley.co.za.

Onthou die datum: Saterdag, 11 Mei 2013 om 10:00.
                                            
Hardus Botha

Vir die Beste Voorkoms

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.