Dit was nou genoeg Black Leaves

Dit was nou genoeg Black Leaves

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Vir Black Leaves met nog geen punte op die punteleer nie en met hul derde wedstryd komende Saterdag (4 Mei) weg teen Villagers Worcester gaan dit ‘n vegterspoging soos min kos om sukses te behaal.
Met geen goeie wegrekord teen Worcester nie is dit noodsaaklik dat Black Leaves met ‘n positiewe ingesteldheid die tog sal aanpak. Daarna sal die manne weer in hulself moet glo om weer selfvertroue te kry.
Met die spoedige ruskansie wat Black Leaves geniet het was dit ontstellend hoe min spelers opgedaag het by die oefenveld. Dit moet belangrik vir spelers wees om altyd na die oefenveld terug te keer om meer te leer en foute uit te stryk.
Moenie aanneem dat spelers negatief of onwillig is as hulle ‘n meningsverskil het nie, gebruik die kommentaar as ‘n opbouende wenk.
Die uwe gee graag die gedragskode vir spelers deur; uit Effektiewe Klubbestuur (Die Suid-Afrikaanse Rugby Voetbal Unie) Aanhangsel 6, bl 63.
• Verstaan die reëls en speel daarvolgens.
• Weerhou jou daarvan om ongeloofde taktiek, wat stydig is met die gees van die spel, te gebruik.
• Moet nooit stry met ‘n amptenaar nie. Gebruik die regte kanale om die probleme op te los.
• Behou jou humeur.
• ‘n Ware sportman soek nie verskonings as hy ‘n wedstyd verloor het nie.
• Werk hard om sukses te behaal.
• Wees ‘n goeie sportman op en van die veld af. Jy moet bereid wees om ook te verloor.
• Behandel al die lede van die klub soos jy graag behandel wil word.
• As jy nie hierdie spel geniet nie, tree uit of help met afrigting.
• Gee ten alle tye jou samewerking aan die bestuur, amptenare, afrigter en kaptein.
• ‘n Sportman het net een kaptein.
• Respekteer die regte van ander klublede.
• Luister na goeie raad van afrigters.
• Pas alle toerusting en fasiliteite op – wys jy is trots op die klub.
Miskien ‘n lae hou onder die belt, maar het die manne dan nie die kannetjies van GPS o/13 en Gansbaai Academia o/16 verlede week dopgehou nie? Verwoestend, super rugby.
Black Leaves word sterkte en voorspoed toegewens vir hul kragmeting teen Worcester. 
So Bra “G”
 

Dit was nou genoeg Black Leaves

So se Bra G

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.