R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
'n Deel van die groep stappers bo-op Galpinkop in die Fern-kloof Natuurreservaat, met Hermanus in die agtergrond
Rob Koppel, leier van die staptog te Fernkloof, het soos volg laat weet: "The scheduled hike for 6th April was postponed due to misty and wet weather. The following Saturday provided ideal hiking conditions and a clear view from the top of Galpinkop (596m). The hike was a moderately difficult 9 kilometer circular hike, the views from the top are spectacular, including Walker Bay and the Hemel and Aarde valley.
Fernkloof Nature Reserve has six of the seven endemic plant families of the Cape Floral Kingdom, and many species are endemic to the Fernkloof Nature Reserve. Over 1600 species have been found in the reserve. Should you wish to become a member of the club, a one off cost of R50.00 is required to cover the costs of administration and the membership card. All welcome!" In haar mediaverslag skryf Anita Botha dat dit een van die mooiste staproetes was, "veral met die haarnaald-draaitjies (dankie-tog vir handreëlings) teen die berg op, maar met elke omkykslag is die stappers met 'n verruklike natuuruitsig begroet." Sy sê sommige stappers het wandel-stokke vir "handremme" met die steiltes, terwyl andere maar hulle spiere en tekkies as "handremme" moes inspan. "Die besef van 'n Groter Hand agter ons wonderlike natuurskoon is iets wat elkeen van ons met elke staptog opnuut en met dankbaarheid besef en waardeer," sê Anita. Sy wys gereelde en ongereelde stappers net op die belangrikheid van bewaring en om nie die natuur met weggooi-goed te ontsier nie. "Ons het byvoorbeeld 'n fisant gewaar wat in iets verstrengel moes geraak het, maar kon hom ongelukkig nie gevang kry om hom te bevry nie. Verantwoordelike stappers kan gerus maar altyd 'n sakkie saamneem en onwelkome artikels wat die natuur- en dierelewe kan skaad en ontsier, optel om later weg te gooi."
Strand-Veld Voetslaanklub se volgende stap is eerskomende Saterdag, 4 Mei by Napier, waarby die goudmyn ingesluit is. Die stapleier is Con van Eyssen en hy kan by 083-500-8748 geskakel word. Anita, Con en Jil Horton het saam met Piet Albertyn van Napier dié staproete verlede Vrydag gaan "verken" om vir 'n kommervrye stap Saterdag te sorg. Stappers word daarop gewys dat wintertye nou geld en die bymekaarkomtye elke eerste Saterdag van die maand by Gansbaai Toerisme is dus om 08:00.
Navrae kan aan die klub se sameroeper, Roelof Diener by 082-552-5444 gerig word.
Hardus Botha
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.