R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Die groepie manne wat hul onthaalstaal met Moedersdag getoon het, met voor vlnr Bev Swart, Raymond Rabe en Kobus du Toit. Agter vlnr is Johan Wiese, Phillip Fourie, Steve Muller, Dirk Bester, Dirk Buchner, Ralph Gibbs en Hardus Botha
Die manne van die Birkenhead Boothengelklub in Gansbaai hawe het behoorlik hulle "onthaalstaal" op Moedersdag getoon. Phillip Fourie, ondervoorsitter, het die leisels opgeneem en die resultate was 'n suksesvolle Moedersdagete in die klubsaal. Die voorafbeplanning, spyskaart en wie wat moet doen en wat voorberei moet word, is deur die groepie manne aangepak. 'n Volledige 3-gangmaaltyd is voorgesit en op 'n uiters profes-sionele wyse aangebied. By die voordeur is gaste vriendelik met 'n glasie sjerrie verwelkom, met elke dame wat 'n geskenkpakkie en kaartjie ontvang het, voordat hulle by die netjies-versierde tafels gaan aansit het. Daar het vonkelwyn op hulle gewag en kort daarna 'n smaaklike seekoskelkie. Die "opskeppers" was agter geslote deure, met vier flink manne met strikdasse en al wat die gaste bedien het en borde en eetgerei weer ewe flink van die tafels af verwyder het. Die Drie Snare, Raymond Rabe, Dirk Buchner en Kobus du Toit het tussendeur, met hul eie kitaarbegeleiding, egte Moedersdagliedere gesing. Drie "sprekers" het elk die geleentheid ontvang om 'n spesiale Moedersdagboodskappie oor te dra. Die enigste "klagte" oor die ete was dat dit hopeloos te veel kos is wat voorgesit is, asof mens dít nou as 'n klagte kan beskou. Die manne, hengelaars en sosiale klublede, het duidelik gewys waartoe hulle in staat is met die eiehandige aanbieding van 'n funksie, en dit vir bykans 70 gaste. Gansbaai Courant het vertroulik verneem dat daar so hier en daar 'n dame-klublid se hand nadergetrek is, maar selfs hulle het bevestig dat die inisiatief en eintlike harde werk "man-alleen" deur die manne gedoen is, maar daar wag dalk vir hulle 'n verrassing as hulle dink Vadersdag sal slegs deur die dames behartig word!"
Hardus Botha
Een van die "kelners", Steve Muller, besig om die gaste te bedien
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.