R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Die lang verwagte droom dat daar minstens twee spanne uit die Overstrand aan die groot Premier Liga moet deelneem het toe uiteindelik waar geword. Die tans seëvierende Hawston sak dan juis toe hier op die erg gekweste Gansbaaiers. Sedert die wedstryd vroeër (04 Mei) teen Villagers Worcester, tot nou 18 Mei, behoort Black Leaves genoegsaam herstel het van al die wonde. Ja, Black Leaves en sy bestuurspan sal slaggereed wees vir Hawston se ontvangs. Almal weet tot watter hoogtes "Derby's" mekaar kan aanspoor. Vir die Gansbaaispan sal dit noodsaaklik wees om na hul vierde probeerslag op die punteleer te kom en as ware oorwinnaars uit die stryd te tree. Die Gansbaaiers het die afgelope tyd glad nie te waffers vertoon nie, maar beloof om na alle verwagtinge 'n veel sterker A-span in die veld te stoot.
Hawston sal kom met 'n felle aanslag op die baai met sy geroemde agterlyn. Met die ter perse gaan was daar nog nie 'n aangeduide 22 tal nie. Glo maar gerus die afrigter, Marcel Seconna, het sy troepe reg. Black Leaves se 3de en 2de spanne behoort ook gedetermineerd te wees vir welslae. Vinger word maklik gewys as dinge nie reg gaan nie, maar dit is nou eerder die tyd om saam te staan. Roofkykers, julle uitsigte gaan in die toekoms belemmer word. Dit kos glo nou R10-00 by die hek vir lekker sports.
So sê Bra “G”
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.