Stanford SAPD optredes

Stanford SAPD optredes

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gedurende die naweek van 18 en 19 Mei 2013 is 'n Outdoor electronic music festival deur "Physco Stomper" te Walsacres-plaas gehou. 'n Padblokkade is opgerig en elf arrestasies is deur die polisie en wetstoepassers gemaak vir in besit wees van verbode middele.

Van die dwelms wat tydens 'n padblokkade naby 'n fees op die Walsacres-plaas gekonfiskeer is

Onder hierdie dwelms waarop beslag gelê is, was Ecstasy, dagga, LSD, liquid "acid" en magic mushrooms. Verskeie items is na die forensiese wetenskap lab vir toetse gestuur. 'n Persoon is ook vir dronkbestuur gearresteer. Baie klagtes is ontvang oor die harde musiek wat dwarsdeur die nag tot Sondag laatmiddag geduur het. 'n Klagte is Maandagoggend deur die publiek by die polisiestasie ingedien oor die geraas. Sommige inwoners het gesê hulle sal als in hul vermoë probeer doen om te voorkom dat soortgelyke "festivals" so na aan die dorp gehou word. Twee mans het op Maandag, 20 Mei 2013 in die Landdroshof te Hermanus op aan-klagte van in besit wees van verbode middels verskyn.
Strafbare mansslag
Op Sondag 19 Mei om 21h09 is die polisie na 'n motorongeluk op die R43 hoofpad naby die plaas Misty Mountains, Stanford uitgeroep.

Die verfrommelde Chevrolet

'n Silwerkleurige Chevrolet het gerol met 2 insittendes daarin. Een manspersoon van Hermanus is weens hoofbeserings op die toneel dood. Die bestuurder van die voertuig het ligte beserings opgedoen. 'n Dossier van strafbare manslag word ondersoek.
Brand
Op Saterdag 18 Mei om ongeveer 19h00 is die polisie en brandweer na 'n woning in Stanford ontbied waar 'n brand uitgebreek het. Mnr Schoeman van die brandweer was vinnig op die toneel en kon die brand blus. Volgens hom het die brand vermoedelik ontstaan by die afdak wat bestaan uit teerpale en riete. Op die teerpale het 'n klomp elektriese drade gelê en dit blyk dat die brand daar ontstaan het.
AO Hugo: Kommunikasie - Stanford SAPD


 

Stanford SAPD optredes

AO Sarena Hugo, SAPS Stanford

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.