R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Die groep innoverende jongmense wat Gansbaai Explore van DROID bedryf, se suksesse wat tot op datum behaal is, kan as Trots-Gansbaai beskryf word. Sedert die begin van hulle eerste werkswinkel wat aangebied is en tot op datum, het hulle deelnemers geëvalueer en 8 pryse aan die verteenwoordigers van instansies/besighede vir beste vordering oorhandig.
Monica Hayes van Gansbaai Courant verkeer gesellig saam met haar dogter, Michelle
Onder hierdie pryswenners het Monica Hayes van Gansbaai Courant die eerste prys ingepalm: 'n Aandete vir 2 in die Red Indigo Restaurant te Grootbos Natuurreservaat ter waarde van R680.00. Monica het haar dogter, Michelle tydens haar tuisnaweek, saamgeneem, "en ons het dié spesiale ete terdeë geniet," het Monica gesê. Michelle was een van verlede jaar se geskiedkundige "eerste" matrikulante aan Gansbaai Academia. Vanjaar is sy 'n eerstejaarstudent aan Dermatech in Blouberg, waar sy vir 'n kursus in Gesondheid en Velsorg ingeskryf het. Die ander pryswenners is die volgende: Dave Sawtelle van Saxon Lodge (Kis rooiwyn - R300), Stanley Carpenter van Whalesong Lodge (Kis Witwyn - R300), Gill O’Sullivan van Cliff Lodge (Rug- & Nekmassering - R200) en Gina Boysen van Haus Giotto (Advertering op Explore). Die volgende 4 pryswenners het elk 'n PC Call Out geskenkbewys ter waarde van R250 ontvang: Michelle Wcisel van Marine Dynamics, Shalene Pirker van Marebella en Jason Stonehewer van Beach Comber.
Die kriteria waarvolgens die pryse toegeken is, is vir aktiewe en entoesiastiese deelname, leergierigheid en die verwerking van goeie en akkurate inligting, asook foto's, op Gansbaai Explore. "Die primêre doel van hierdie pryse wat toegeken is, is om van ons kant af dankie te sê vir aktiewe deelname aan Gansbaai Explore en ook vir die moeite wat gedoen is om suksesvolle resultate op die webtuiste te behaal," sê Jan Lutzeyer, Besturende Direkteur: DROID, wat vir Gansbaai Explore verantwoordelik is. "Ons beplan gereelde werkswinkels vir die toekoms, waartydens daar telkens pryse ter aanmoediging en dankbetuiging op die spel sal wees," sê Jan. Die primêre doel van die werkswinkels is om deelnemers in te lig, op te lei en om goeie samewerking in hierdie verband te bekom.
Hardus Botha
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.