Twee stap 3000km vir CAN DO

Twee stap 3000km vir CAN DO

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Michael Baretta en Camilla Howard, regs in die "Trekking4Trash" T-hemde, waar hulle in Kosi Bay, KwaZulu-Natal verwelkom is tydens hulle staptog van 3,000km vir Can Do se landwye projek

Twee avonturiers, Michael Baretta en Camilla Howard, het in Oktober verlede jaar 'n 7-maande staptog oor 'n afstand van 3,000km aangepak, wat hulle onlangs voltooi het. Hulle het by Alexanderbaai in die Noord-Kaap begin en kuslangs tot by Kosibaai in KwaZulu-Natal, op die Mosambiekse grens, gestap. Onder andere het hulle sowat 15 skole besoek waar leerders en die gemeenskap bewus gemaak is van die belangrikheid van omgewingsbewaring, asook die gevare van onnodige rommelstrooiing.

Ses gemeenskapsprojekte vir die skoon-maak van strande is ook deur hulle van stapel gestuur en in die proses is daar van sowat 7,155kg vullis ontslae geraak. Die twee het sowat 20-40 kilometer per dag gestap, 6 dae per week. Michael en Camilla beplan om voort te bou op hulle staptog deur 'n bydrae landswyd te lewer tot die vermindering van onnodige rommelstrooiing. "CAN DO! Trekking for Trash, is sponsored by Nampak Bevcan, Nampak DivFood and Collect-a-Can under the CAN DO! umbrella. CAN DO! Trekking for Trash is a non-profit organization, with the aim of raising awareness, educating and inspiring change about the challenge of recyclable waste plaguing South Africa. Through a 3,000km walk across the country, CAN DO! Trekking for Trash aims to promote a cleaner South Africa by conducting beach clean ups and inviting ordinary South Africans to participate in the project. Funds raised will go towards environmental education in South Africa and individuals and corporates are encouraged to pledge their support."

Vir meer volledige inligting kan Can Do se webtuiste by www.cando.sa.com besoek word, of stuur 'n e-pos aan Winet Fourie by
winet@reputationmatters.co.za.

Hardus Botha 

Twee stap 3000km vir CAN DO

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.