R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Wat ‘n voorreg om die see vroeg-oggend só te sien. Na die kwaai winde en deurmekaar water is dit vanoggend spieëlglad en nie ‘n windjie roer nie, en môre gaan dit weer so lyk. Dit beteken net een ding. Ek moet my “crew” voorberei vir môre se see-toeganery. Ek weet daar is baie manne wat dieselfde voel maar nie so bevoorreg is om op kort kennisgewing hierdie besluite te kan neem nie. Ek moet ook bieg, vir my is die hengel wat daarmee saamgaan ‘n groot oorweging en dit is ‘n pakket waaroor ek baie gelukkig is. Om ‘n boot see toe te neem en dan boonop al die visgerei te verskaf is reeds ‘n finansiële probleem wat ongelukkig in gedagte gehou moet word. Hoewel dit vir almal sekerlik groot genot moet verskaf net om op see te kan wees, moet dit vir baie iets beteken indien daar ook ‘n vissie aangekeer kan word. Dit sal dalk help indien ek ‘n idee kan gee waar om vir wat te gaan. Dit is soos die huidige situasie is en kan natuurlik handomkeer verander. Ek praat nie van die kommersiële manne nie. Hulle het hulle eiesoortige situasies en probleme en antwoorde daarvoor, natuurlik. Dit is makliker om na vis te verwys wat nou by ons teenwoordig is en glad nie aan goed soos geelbek te dink nie.
Op die oomblik lyk dit asof die belowendste plek digby die Birkenhead is. Net ‘n vriendelike waarskuwing -- wees baie versigtig! In hierdie omgewing is baie riwwe en die diepte van die water kan ook skielik verander. Baie mooi PW’s (rooistompneuse) word nou daar gevang met romanne tussenin. Ook die hotnotvisse is nog lekker vet en mooi groot. Met dieper water, wat so raak-raak aan die 60, 70 meter sal jy silwervis vind. En as jy nog nooit ‘n oulyf gevang het nie, nóú is jou kans. Hulle tyd is egter meer hier na Junie-maand toe.
Die vis waarvoor jy gaan probeer behoort jou besluit waar om te gaan, te beinvloed. Hotties, hou by die riwwe en bamboes. PW’s, riwwe, maar ook dieper water. Silwervis (ons praat nou van die groteres) -- hou maar by die 50 meter en meer. Romanne sal jy so tussen-in vind, met ‘n voorkeur vir dieper water. Met veranderde omstandighede is daar plekke soos Joubert se Dam, om die Eiland, Haaibank, Moddergronde en nog baie ander. Hou kop en hou koers!
N.B. Onverwagse weerstoestande kan hengelverwagtinge en beplanning drasties verander. Groete,
Seemeeu
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.