Vrou erg beswendel

Vrou erg beswendel

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

‘n Jong vrou van Blompark is die afgelope paar weke uit R24 000 geswendel.  Janine* het aan die begin van die maand ‘n SMS ontvang waarin sy meegedeel is dat sy R250 000 in ‘n kompetisie gewen het. ‘n Nommer is verskaf wat sy moes bel. Die oproep is deur ‘n man met ‘n vreemde aksent in Engels geantwoord. Hy het Janine se selnommer gevra om seker te  maak óf sy wel die wenner is. Hy het toe bevestig dat dit wel so is en ‘n verwysingsnommer gegee en gesê sy moet die vir niemand wys nie. Volgens Janine is daar aan haar gesê dat sy outomaties vir die kompetisie ingeskryf is toe sy ‘n simkaart gekoop en ge-“rica” is. Sy is later per SMS gevra om ‘n agent te bel vir verdere instruksies. Die Afrikaanssprekende agent, bekend as Linda, wou weet of sy die geld direk in haar bankrekening inbetaal wil hê en óf sy ‘n tjek sou verkies. Sy is later per SMS laat weet dat sy R1250 vir hanteringskoste by ‘n ABSA bankrekeningnommer, wat aan haar verskaf is, moes inbetaal. Sy het dit gedoen waarop nog R3820 gevra is vir regeringtoestemmingskoste om die geld van oorsee oor te plaas. Dié bedrag is ook inbetaal en ‘n sms het gevolg waar 5% van die wengeld (R12500) vir die Nelson Mandela Charity Foundation inbetaal moes word. Janine het gesê sy het nie die geld nie en Linda het laat weet dat sy die helfte self sou betaal. Janine het dit inbetaal waarna nog 10% van die wengeld, weer R12500, as agentekommissie versoek is. Dit moes binne 7 dae betaal word. Ook dié bedrag is oorbetaal, maar omdat naweke ook as werksdae getel is, was dit te laat. Linda het toe gesê dat dié R250 000 wel in Janine se rekening inbetaal is, maar dat dit weer uitgehaal is oor hul laat betaling. ‘n Nuwe rekening moes toe volgens Linda teen ‘n koste van R18,200-50 geopen word om die R250 000 te ontvang óf ‘n kansellasiefooi van R13000 moet deur Janine betaal word om haar inbetaalde R24000 terug te kry. Volgens Janine en haar kêrel stres hulle baie oor die geld want R12500 is by ‘n oom geleen. “Ek sal my motor moet verkoop om hom terug te betaal. Die mense het ook gesê ek kan hul nie bangmaak met die polisie nie, want hulle is ‘n wettige organisasie en het goeie prokureurs en advokate,” het Janine se kêrel gesê.
Janine het Woensdagoggend weer ‘n oproep gekry om die geld oor te betaal. Spr Kapt Danie Rautenbach het bevestig dat ‘n bedrogklag gelê is en dat dit ondersoek word. Hy het ook die publiek gewaarsku teen oproepe wat beloftes van wengeld maak.
*Die skuilnaam, Janine, is gebruik om die identiteit van die slagoffer te beskerm.
Francois de Jongh

Vrou erg beswendel

Francois de Jongh

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.