Aire del Mar is tops

Aire del Mar is tops

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die trotse eienaar en personeel van Air Del Mar wat 'n sertifikaat van TripAdvisor vir uitstaande diens ontvang het, met vlnr Roelof Diener (Eienaar), Annette Steenkamp, Ria Strydom, Anita Bruce en Nella Immelman

"Hierdie besonderse toekenning wat ons ontvang het, is die resultaat van 10 jaar se harde werk en toegewyde dienslewering deur die eienaars en personeel van Aire del Mar Gastehuis en ons is baie trots daarop," skryf Ria Strydom, Bestuurder van die gastehuis. Aire del Mar Gastehuis in Kleinbaai is onlangs met TripAdvisor se gewilde Certificate of Excellence vir 2013 vereer.

"Ek is saam met my personeel baie dankbaar vir hierdie prestasie wat behaal is en sien daarna uit om steeds uitstekende dienste aan ons gewaardeerde gaste te lewer, sonder wie se ondersteuning en terugvoering hierdie sertifikaat nie moontlik sou wees nie," sê Roelof Diener, mede-eienaar saam met sy eggenote, Ina, van Aire del Mar. Die res van die trotse personeellede is Annette Steenkamp (gasvrou), Anita Bruce (assistent), Nella Immelman (huismatrone) en Susan Trichardt (gasvrou), wat afwesig was tydens die neem van die foto. Die gastehuis is vanjaar in hulle 11de bestaansjaar, met Roelof en Ina wat dit self van die grond af opgebou het tot die gastehuis wat dit vandag is. Al gewonder oor die naam, "Aire del Mar"? Dit is 'n Spaanse naam en beteken "seebries" of "wind van die see", en Ria sê dié naam is veral van toepassing wanneer die suid-oos daar op die voordeur waai!

Soos gebruiklik lui die bekendmaking van die wenner soos volg: "TripAdvisor is delighted to recognise Aire del Mar Guest House with a 2013 Certificate of Excellence. This prestigious award, which places you in the top-performing 10% of all businesses worldwide on TripAdvisor, is given to businesses that consistently earn high ratings from TripAdvisor travelers. To qualify for a Certificate of Excellence, businesses must maintain an overall rating of four or higher, out of a possible five, as reviewed by travelers on TripAdvisor." Voorwaar 'n pragtige prestasie, met Gansbaai wat al bekend geraak het met etlike sodanige sertifikate wat in die verlede al deur TripAdvisor toegeken is.

Aire del Mar se Webtuiste is www.airedelmar.co.za en hulle kan by 028-384-2848 gekontak word, of stuur 'n e-pos aan info@airedelmar.co.za.     
                                 
Hardus Botha 

Aire del Mar is tops

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.