R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Met vanjaar se Fees van die Ganse wat "in twee verdeel" is, begin sake stadig maar seker vorm aanneem.
Gansbaai Courant het reeds berigte in hierdie verband geplaas, met die Fees van die Ganse wat vir 21 September beplan word en die jaarlikse Winter Fynbosskou vir 8 tot 11 Augustus. Laasgenoemde gaan vanjaar in Gansbaai Academia se saal aangebied word en sal veel meer as net die verruklike Fynbosuitstalling bevat. In die saal sal daar na rustige musiek geluister kan word, met Gansbaai Academia wat tussendeur 'n gesellige teetuin met verversings sal bedryf.
'n Verskeidenheid van fynbosspesies sal ook weer geïdentifiseer kan word. Beplanning vir 'n "new look" Winter Fynbosskou is reeds volstoom aan die gang, ingesluit verskeie interessante uitstallings en stalletjies met handvervaardigde artikels deur plaaslike mense en kosstalletjies.

Belangstellendes kan nou reeds aansoek doen vir stalletjies teen R120 vir handgemaakte artikelstalletjies. Kindervermaak (springkasteel, perde en donkiekarritte) sal ook aangebied word. Saterdagaand, 10 Augustus gaan met 'n onvergeetlike musiekkonsert gepaardgaan.
Hou Gansbaai Courant, die koerant vir die gemeenskap, dop vir verdere inligting. Vir verdere navrae en/of borgskappe en stalletjies, kan Glenda Kitley, Bestuurder: Gansbaai Toerisme by 072-291-5564 gekontak word, of stuur 'n e-pos aan haar by gansbaaimanager@telkomsa.net.
Hardus Botha
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.