R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

AfriForum het onlangs 'n brief aan Eskom gerig waarin hulle aandring dat die elektrisiteitsvoorsiener voëlvrektes moet help voorkom. Dié skrywe volg nadat die gemeenskap van Beaufort-Wes verskeie klagtes by die burgerregte-organisasie ingedien het oor voëls wat in groot getalle deur elektrisiteitskabels doodgeskok word. “Dit is Eskom se verantwoordelikheid om te verseker dat hul praktyke omgewingsvolhoubaar is. Ons vertrou dat hulle met 'n oplossing na vore sal kom om verdere vrektes te verhoed,” het Julius Kleynhans, hoof van omgewingsake by AfriForum, gesê.
Marilize van der Merwe, woordvoerder van die AfriForum Beaufort-Wes-tak vertel dat hulle reeds 6 reuse ooruile, 2 breëkoparende, 19 rooiborsjakkalsvoëls, 4 kraaie en 2 witooievaars onder die slagoffers aangeteken het. "En dit is maar net die gevalle waarvan ons bewus is." Hierdie toedrag van sake raak beslis die res van die land waar ingrype deur Eskom van kardinale belang is en AfriForum is van mening dat Eskom vinnig en daadwerklik sal moet optree. “Die ekologiese balans word deur die vrektes versteur en die langtermyngevolge is onberekenbaar,” het Kleynhans gesê.
Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.