R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Terwyl ons wag dat die onweer die regte resultate lewer, is daar ‘n ander voorreg wat nie misgekyk behoort te word nie. Hierdie weer veroorsaak dat ‘n lekker kaggelvuur tot sy reg kom. En daarmee saam natuurlik, gaan die bymekaarkomslag van goeie vriende. Die prentjie raak volledig wanneer die aangename gesels daarby ingesluit word, en nog iets -- ‘n vet vissie op die kole is ‘n móét.
Die tipe vis wat jy gebruik is nie die belangrikste nie, die geselskap wel. Moet sê, het jy die geluk om ‘n galjoentjie of dalk ‘n ordentlike snoek tot jou beskikking te hê, raak die storie darem baie aangenaam. Terwyl daar al vantevore uitgewei is oor die braaiery self, sal dit nie kwaad doen om na ‘n paar punte te verwys nie. Nommer een, ‘n vet galoen is nie te versmaai nie, en die tyd daarvoor is so teen Julie/Augustus. Ek gaan nie eens verwys na wat as, kom ons noem dit maar melkwurms, bekend is nie. (Tussen ons gesê, dit beinvloed in elk geval nie die smaak nie!) ‘n Vet snoekpens behoorlik gebraai en lekker vriende daarmee saam, laat jou met geen ander aspirasies nie. Om terug te keer tot die galjoen, en kom ons neem aan dis een van daardie beroemde hangpense, dan is die saak reg. Om te krap of nie, gaan nie die wêreld verander nie. Waaroor almal sekerlik sal saamstem is dat die galjoen gevlek móét word. Wat daarna volg het al menige aartsvyande veroorsaak -- die braaiery self! Of jy nou eers die vleiskant of die velkant braai en hoe lank en hoe skerp die kole moet wees, is amper so ‘n ernstige saak as potjiekos. “Moenie vir my kom sê hoe ek moet maak nie!”. As die ander man braai, laat hom maar sy ding doen, en sorg jy maar vir die ander noodsaaklikheidjies.
Wat ek wel kan aanbeveel is indien jy een van die bevoorregtes is om deel van daardie braai te wees, soos alle dinge in die lewe, geniet dit ou maat, jy gaan dalk lank moet wag vir ‘n volgende keer! Gesels ‘n hond uit ‘n bos uit, waardeer jou vriende, smul behoorlik aan die vis en -- wees dankbaar!
Van al die lekker goed gepraat, hierdie wilde water wat see toe gaan so moeilik maak, lyk baie mooi vir galjoen -- so loop haal vir jou. My voorspelling dat die geelbek nou sy opwagting móét maak, bly staan.
Groete, Seemeeu
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.