R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
.jpg)
‘n Jongman het Saterdagoggend naby die De Kelders afdraai op die R43 in ‘n fratsongeluk gesterf. Die lorrie waarlangs hy tydens die ongeluk gestaan het, is regs agter.
“Toe ek die lorrie se verkoeler oopskroef en dit blaas het Eric geskrik en agteruit reg voor die kar ingespring,” het die lorriebestuurder, Casper Badenhorst, geskok gesê.
Die man wat so tragies in die fratsongeluk gesterf het, Eric Mvelase (27), was ‘n werknemer van mnr Grant Ontong, ‘n houthandelaar van die Strand. Badenhorst was Saterdagoggend om 11:45 met twee werknemers en ‘n vrag braaihout op pad huis toe, toe die voertuig begin warm raak het. Hy het gestop en ‘n gevaardriehoeksteken is langs die pad geplaas. Die masjienkap voor is deur Eric oopgemaak maar daar is besluit om ‘n rukkie te wag voordat die verkoelerkop, wat in die bestuurskajuit is, oopgedraai word. Badenhorst het later besluit dat die voertuig genoegsaam afgekoel het sodat die verkoeler oopgeskroef kon word. Eric het aan die bestuurskant by die venster ingekyk en toe die verkoeler met ‘n blaasgeluid oopgeskroef is, het hy geskrik en teruggedeins. Hy is deur me Roné Martin, wat na Robertson onderweg was, se Toyota Auris getref en het op slag gesterf. Martin wat ongedeerd was, asook Badenhorst en sy passasier was hoogs getraumatiseerd.
Francois de Jongh
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.