R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Stanford is die laaste tyd geteister met huisbrake wat nou uitgekring het na die plase naaste aan die dorp area. Drie huisbrekers is aangekeer wie betrokke was by die inbrake op die plase en in die dorp. Twee het op 29 April in die Hermanus Landdroshof verskyn en een is nog in aanhouding. Verskeie gesteelde items is ook teruggevind. Onder die gesteelde items was ‘n “marine outboard boat” enjin, weedeater, kettingsaag en ‘n houer met visgereedskap. Die eienaars van die items het dit reeds uitgeken as hul eiendom.
Die publiek word versoek om meer veiligheidsbewus by hul wonings te wees, te kyk dat hul vensters toe is, diefwering en alarms aan te bring asook by hul vakansiewonings.
In the last week 4 arrests were made by the Stanford Police for the possession of stolen copper cables. In one case three suspects were arrested in their homes when information was received that they were stripping the cables for the copper.
In another case one suspect was arrested after information was received from a local scrap dealer that the person wants to sell burned copper cable. He was found in possession of a bag full of burnt copper and was arrested on the scene. All four suspects appeared in court on Monday, 22 April 2013.
A/O Sarena Hugo van SAPS Stanford is tans besig met verskeie projekte en een daarvan is oor vermiste kinders. Die projek se naam is Stanford SAPS missing children. Dit word gesamentlik gedoen met die Pink Ladies, ‘n organisasie betrokke met vermiste persone.
Haar vriendin, Louise, saam met wie sy in Sub A en -B, jare gelede was is ‘n Pink Lady en sy het haar gekontak om behulpsaam te wees met die projek. Op 18 April het sy De Bron Laerskool besoek. Verskeie klasse se leerders se vingerafdrukke is geneem met behulp van die twee sektor bevelvoerders, A/O’s Booysen en Swart. ‘n Vorm met al die kind se besonderhede asook ‘n foto en vingerafdrukke word op rekord by A/O Hugo gehou. Tydens die Child Awareness week wat vanaf 27 Mei tot 2 Junie strek, gaan Okkie Smuts en St Pauls Laerskole aan die beurt kom. Hierdie sal ‘n langtermyn projek wees tot al die kinders van Stanford op rekord geplaas word.
Kommunikasie-offisier, A/O Sarena Hugo, SAPS Stanford
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.